Transitorooftog gefnuik danksy GPF

G4S-geldwa (Argieffoto)

Drie mense wat glo deel was van ʼn groep gewapende rowers wat Maandagoggend probeer het om ʼn G4S-transitovoertuig in Gauteng te beroof, is in hegtenis geneem.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op die R551 gebeur terwyl die voertuig op pad was na sy depot in Vanderbijlpark.

Volgens Dlamini het gewapende mans uit drie voertuie op die geldwa begin skiet. Die bestuurder het probeer om aan te hou ry, maar die aanvallers het die voertuig se bande stukkend geskiet en dit moes noodgedwonge tot stilstand kom.

“Vyf gewapende rowers met klapmusse het op die transitovoertuig afgestorm en die deur van die voertuig oopgeblaas. Lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat besig was met ʼn vergadering nie ver van die toneel nie, het die ontploffing gehoor en hulle na die toneel gehaas.”

Die verdagtes het die GPF-lede gewaar en met leë hande in hul wegkommotors gespring en weggejaag, het Dlamini gesê.

Die polisie en lede van die GPF was dadelik op die aanvallers se spoor en drie verdagtes is by die Henley-treinstasie in hegtenis geneem. Daar word nog na die res van die verdagtes gesoek.

Niemand is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

lee ·

Dis darem goeie nuus vir ‘n slag !!
Net ‘n simpel vraag – is daar wel nog enige G4S transitovoertuie oor om op te blaas??

Ag tog ·

Ja-nee, die “oefening” raak al hoe makliker! Darem net té toevallig dat die rowers altyd weet op watter spesifieke roete en teen watter tyd die geldwa daar gaan wees!! Is dit dan só moeilik om al die skuldiges uit te snuffel of is daar te veel wat eventueel in die buit gaan deel, dié dat daar nie met oplossings vorendag gekom word nie? Ek ruik ‘n rot. Suid-Afrika is verrot tot op die been.

TLC ·

EK stem ons GPF is die beste ding wat ooit kon gebeur het in ons valley Hul werk baie vinniger en harder as ons sapd VIVA GPF julle rock

Ook GPF Meyerton ·

Dit was eintlik n gesamentlike span poging tussen verskeie cpf blokke in meyerton sowel as saps meyerton, was wonderlike samewerking, well done aan almal!!!

Zuzu ·

Dear Maroela,
Kindly note there is no such entity as Group 4 Security. It was Group 4 Securicor many years ago – G4S is the registered entity name – and not an abbreviation – © G4S plc 2018.

Sune van Heerden ·

Hi Zuzu

We apologise for the oversight.
Thanks, we have amended the article.

Kind regards
Suné
obo Maroela Media

Amelia ·

Heng as die bande nie stukkend was, en die voertuig nog kon ry was hul dalk nie in die penarrie nie.
Dalk moet iemand iewers iets ontwerp waarmee dai voertuie nog kan ry, al moet dit na die tyd vervang word. Dit is mos lewens en baie geld op die spel. Waar is ons slim mans en engineers?

JSG ·

Wat van ons ou weermag voertuie? Die goed was landmyn bestand.

SA kom nog daar ·

Daar is al iets soortgelyks, bullet proof bande, oorsee. Basies dikker rubbers ens word gebruik.

Daan ·

So maklik,plaas onuitwisbare ink in die houers wat die note vlek en waardeloos maak indien die houers onwettig oopgemaak word/verwyder word of wanneer daar ‘n ontploffing plaasvind = einde van kapings.

JSG ·

Daai kleurstof was al die jare nog in gebruik. Vlek note indien die houer op verkeerde manier oopgemaak word. Word dit dan nie meer gebruik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.