Transitorooftog in Kraaifontein

Die geldwa se wrak. Foto: Verskaf

Drie veiligheidswagte is Vrydagaand in ʼn transitorooftog in Kraaifontein in Kaapstad beseer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER2, het gesê die rooftog het omstreeks 19:00 by die kruising van Darwin- en Hillweg plaasgevind.

“ER24 en die brandweer is na die toneel ontbied waar die wrak van ʼn geldwa aan die kant van die pad aangetref is. Die geldwa se deure was oopgeblaas en die drie veiligheidswagte het aan die kant van die pad gesit. Hulle was sigbaar getraumatiseer,” het Meiring gesê.

Paramedici het die mans ondersoek en vir geringe beserings behandel voordat hulle na ʼn private hospitaal geneem is vir mediese waarneming.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes het op die voertuig toegeslaan, daarop losgebrand en dit tot stilstand gedwing. Die geldwa is oopgeblaas nadat die veiligheidsbeamptes uit die voertuig gedwing is,” het Naidoo gesê.

Die verdagtes het met ʼn onbevestigde bedrag geld en die veiligheidsbeamptes se vuurwapens van die toneel gevlug en is steeds soek.

Die polisie het sy 72 uur-aktiveringsplan in werking gestel en ʼn spesiale taakspan ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marous ·

Bel vir cele …volgens hom het sy manne die oorhand . Dalk bedoel hy hulle kan nie die kloutjie by die oor uitbring nie.

Snowball ·

Janee, misdaad is só in ‘n ander liga as wat die “delusional ” ANC kaders voorgee; misdaadbeheer in SA is tans so suksesvol soos water dra in jou hande.

Siekensat ·

Hy is net so deurmekaar en weet nie wat om hom aangaan nie en weet nie eers wat oorhand is nie.

Jannie ·

Kapenaars glo desondanks steeds hulle is immuun…want al hierdie dinge gebeur mos net in Gauteng!!! Wakey! Wakey! Die Filistyne is oral op ons!!!

Johanna Botha ·

Ek dag die polisie se hulle het die ding nou onder beheer ….en toe is daar wragtie 2 vandag ….wys mens net hoe min weet hulle wat eintlik aangaan en is dis geen wonder misdaad is so uit beheer in die land onder die anc se bestuur !

B van Deventer ·

En die Polisie Kommisaris en sy baas Cele sé alles is no onder beheer want hulle het die baasbrein (kingpin) gearresteer? Wie, en wat moet ons nou glo?

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom is daar so baie mense wat “misdaad” verwar met “her-verdeling van rykdom”? Hierdie is net vir die paar wittetjies wat in die land oor is ‘n misdaad…

Elsa ·

Waar is die gesag sfigure? hoe kom is daar dan nie begeleiding om die geldwaens nie?
Is die mense planloos?

Henk du Toit ·

Pasop vir die dag dat die blanke Polisiemanne wie uit die mag geboelie is hulle volle pensioene begin opeis. Die Staatspensioenfonds is al klaar geplunder en word nog steeds geplunder en die geheim gaan nie vir altyd hou nie. Daar is hoogs opgeleide mense wie die die werkwyses en sisteme maar net te goed ken. Dit wat tien transito rowers vat om te doen kan deur net ses mense ook gedoen word. Die land weet nog nie wat hulle uitgelaat het in die samelewing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.