Transitorooftog in Midrand gefnuik

Foto verskaf deur die SAPD

Twaalf verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem toe die polisie reageer het op ʼn wenk oor ʼn beplande transitorooftog.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van misdaadintelligensie, die Valke, forensiese kenners en ander eenhede het op ʼn wenk van misdaadintelligensie reageer. “ʼn Groep mans, wat ʼn transitorooftog beplan het, is in hegtenis geneem.”

Hy het gesê die inligting het hulle gelei na ʼn huis in Midrand waar die groep mans vergader het. “Twaalf verdagtes is in hegtenis geneem. Beamptes het beslag gelê op ses vuurwapens en ammunisie.”

Die span het ook ses gekaapte voertuie, ʼn bakkie en vyf sedans, gekonfiskeer.

“Dit is ʼn groot deurbraak in ons poging om transitorooftogte landswyd hok te slaan.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van sameswering om ʼn misdaad te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van vermoedelik gesteelde voertuie. Die verdagtes sal Maandag in die Midrand-landdroshof verskyn.”

Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in ander misdrywe gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

oelof van wyk ·

baie geluk aan die polisie met hul puik werk in midrand

Hannetjie ·

Hoede af vir die persone wat wenke aan die polisie deurgee..hulle behoort beloning te ontvang.Hoop die rampokkers kry nie borg nie.

James ·

Waar kry hulle hierdie wapens?? Hoeveel mense se lewens is gevat deur die mense.

AW ·

To Arrest and Detain is But Only the First step….

The Challenges will begin now-

“The defence strategy was predictable – delay and draw out, pounce on technicalities, suggest impropriety, allude to coercion, suggest mistaken identity. The usual playbook for a criminal trail.
As one experienced heist lawyer told me on the phone: ‘police incompetence is often our best friend’; gunning for the credibility of the investigation is always the primary pillar.” (Page 9 & 10)

“…frustrated with the delaying tactics of the defence lawyers, and worn down by the ongoing intimidation and threats.” (Page 41)

“You are up against defence lawyers who are paid big money.
You worry about being blindsided by technicalities, about your evidence being discredited.
You know the defence will draw out the process, because it means more money in their pockets; you have to prepare for long delays and curve balls.” (Page 41)

“Defence counsel will do their best to divert attention away from their clients, with numerous side issues that they hope the presiding judge gets lost in” (Page 141)

“… it is absolutely par for the course in these heist trails for the defence to delay the proceedings for as long as possible. It’s a deliberate strategy.” (Page 143)

“There, they dragged things out for so long that ultimately the witnessess refuse to testify, and the accused got off.” (Page 143)

(Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered by Anneliese Burgess -2018)

attie ·

well done met die foto almal se gesigte so mooi in mekaar se agter kante opgedruk

Anoniem ·

Geluk SAPD – ‘n Groot Sukses ! As Jou ‘GAME PLAN’ aan die verkeerde kant van die REG is, het ek vir Jou SLEGTE NUUS ! SAPD 10 uit 10 ??

Smirre ·

Grief my om te weet dat belasting geld die skuim aan die lewe moet hou totdat hulle leers verdwyn en hulle vrygelaat word agv “lack of evidence”….

Hoc est bellum ·

Dis kommerwekkend om te sien watter tipe aanvalsgewere dié transitorowers gebruik. Dis baie moeilik of selfs onmoontlik vir Jan Publiek om lisensies vir sulke wapens te bekom. Ek is seker die kaliber van die twee op die foto is 5,56mm. Selfde kaliber as die Weermag en die SAPD se R4 en R5-aanvalsgewere. Hoekom gebruik die rowers dit? Ammunisie is maklik bekombaar, want daar word nie behoorlike beheer toegepas nie. Wil voorkom of baie rooftogte ook met 9mm pistole gepleeg word. Bekombaarheid van ammunisie is dieselfde rede soos voorheen genoem. Het al betroubaar by polisielid gehoor dat ‘warm’ (onlangs gebruikte AK 47’s) teen R150 elk by taxistaanplekke te koop aangebied word. Jy gaan ook jou hand diep in jou sak moet steek om ammunisie vir AK 47 te koop. Elke rondte word glo afsonderlik (een-een) vir astronomiese bedrae verkoop. Solank daar ‘n mark vir onwettige wapens en ammunisie is, gaan dié probleem net groter en groter word. Wie word dan geteiken? Die wettige vuurwapeneienaar en die gewone man op straat en sy gesin.

Penellope Jones ·

Dankie aan die polisiebeamptes vir die puik werk!
Mense se lewens hang af van julle oplettendheid, vinnige optrede, suksesvolle inhegtenisneming en vonnisse.

Genoeg ·

Geluk vir die SAPD vir hulle vinnige optrede. Net jammer daar word niks gedoen aan plaas moorde nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.