Transitorooftogte: Ploftoestelle se ‘opperbrein’ vasgetrek

Foto: Verskaf.

Owerhede se pogings om ʼn einde aan die onlangse vlaag transitorooftogte te bring, verloop nou flink.

Só sê die Valke ná hulle ʼn 31-jarige man, vermoedelik ʼn opperbrein, in hegtenis geneem het vir die onwettige besit van en handel dryf met springstoftoestelle.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die man is van Pienaar in Mpumalanga en danksy ʼn gesamentlike poging van onder meer die Valke se vuurwapenbeheer- en prioriteitsmisdaadeenheid, die bestuursafdeling vir tegniese operasies en ʼn honde-eenheid vasgetrek.

“Daar is tydens die operasie op minstens 18 opblaaspatrone, 15 ontstekers, ammoniumnitraatpille, ontstekerlonte asook kontant beslag gelê. Die verdagte word na bewering verbind met die verskaffing van springstoftoestelle [vir transitorooftogte] in Mpumalanga,” het Mulaudzi gesê.

Die verdagte sal Vrydag in die Barberton-landdroshof verskyn.

Intussen het die Valke in Kaapstad vir Vuyolwethu Xaso (31) in hegtenis geneem en aangekla van ʼn transitorooftog wat in November 2017 plaasgevind het.

Xaso, wat tans tronkstraf uitdien vir onverwante aanklagte van huisbraak en diefstal, het Dinsdag vlugtig in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Hy het glo meer as R100 000 gesteel tydens ʼn transitorooftog waar die veiligheidswag met ʼn pistool gedreig is ná hy geld in Vredenburg gaan oplaai het.

Xaso sal 18 Junie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Ja sluit die hele spul toe vir 50 jaar, Raak net ontslae van die plofstof voordat dit ook net hande verwissel. Mooi Valke !!!!

Liberaal ·

Liberale kriminele regte vegters en wetgewing gaan die honger man seker gou weer vry op straat laat om nog misdade te pleeg, hy het al soveel gepleeg maar sy vryheidsregte is mooi beskerm, die dat hy steeds so aanhou.

Joshua ·

Hy sal borg kry soos die ander gearresteerde transito rowers.

Iché ·

Sal my nie verbaas as die “opperbrein” skielik in die tronk tot sy einde kom …óf vrygelaat word nie. (Daar was mos onlangs bewyse dat die Polisie self betrokke is by Transito-rooftogte). Groot konneksies.

Nel ·

Mooi so. Nou moet julle nog net die ‘meesterbrein’ agter die plaasmoorde ook vastrek…

Boerseun ·

Nou wag ek vir sy vonnis van 30 jaar vir hoogverraad soos die Boeremag-manne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.