Transitorooftogte: ‘Wagte is keelvol’

Verkeer word Dinsdagoggend in Gauteng versper. Foto: Verskaf

Veiligheidswagte van verskeie transito-maatskappye het Dinsdag met landwye massaprotesaksie begin om teen die vlaag transitorooftogte te betoog.

Verskeie geldwaens het onder meer in spitsverkeer of op verskeie hoofroetes in die land se hoofstede byeengekom en teen ʼn slakkepas gery.

Dennis George, hoofsekretaris van die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa), het Dinsdag aan Maroela Media gesê die protesaksie is ʼn inisiatief van dié vakbond.

“Protesaksies word in al die hoofstede oor die hele land gehou. Konvooie van geldwaens sal stadig na verskeie sleutelpunte beweeg waar petisies aan verskeie rolspelers oorhandig gaan word in ʼn poging om ʼn einde aan hierdie nonsens te bring,” het George gesê.

Volgens George is veiligheidswagte keelvol vir die geweld en eis hulle beskerming teen die vlaag transitorooftogte wat die land die afgelope tyd geruk het.

“Bendelede is besig om die land oor te neem en dit lyk of owerhede nie die stryd teen transitorooftogte wen nie. Ons eis dringende optrede en beskerming. Die vakbond vergader ook môre met die relevante portefeuljekomitee in die parlement in ʼn poging om ʼn einde aan die dodelike aanvalle te bring.”

Wendy Hardy, woordvoerder van G4S, het aan Maroela Media gesê die deelnemers aan die betogings het toestemming by owerhede gekry. Sy het bevestig dat dit ʼn nasionale protesaksie is waarby verskeie rolspelers in die bedryf betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ook Keelvol ·

Ons gewone mense voel saam met julle wat die geldwaens moet bestuur ens.

rerig? ·

Rerig? Om nou die verkeer so te laat ophoop en almal se tyd te mors, gaan nou weer julle lewens HOE beveilig? Tsk!

Brannas ·

Alle meegevoel met julle ouens. MAAR, wat is die doel van ‘n gepanserde “bullet proof” voertuig om geld van punt A na punt B te vervoer….JA sodat die stoute ouens dit nie vat nie. Dis ‘n gevaarlike werk maar, dit is die hele rede waarom daar sulke dienste is en waarvoor die klient betaal. Dis so goed VSA weermag staak want daar word op hulle geskiet en dit is nie vir hulle meer lekker nie. Vra eerder julle base om ongemerkte voertuie saam te stuur, met gewapende sekuriteits beamtes as ‘n escort…of gaan dit die winste op vreet… want daai geld in die voertuig is verseker deur versekiring maatskappye vir die situasies.

Alida ·

Dit is reg so. Hierdie is gemanupileerde rooftogte en die party/of bende wat verantwoordelik is daarvoor sal nog uitkom. Die versperring van die paaie is nou nie goeie nuus nie en is sleg vir ons almal maar wat moet die arme wagte (LW die wat onskuldig is) nou ook doen om gehoor te word.

Theresa B ·

Julle bly in ‘n land waar enige iemand enige iets kan vat (hoe hy/sy ookal wil) wanneer hulle wil. Die regering voel ‘n veer vir wat in hierdie wettelose land aan die gebeur is. Solank alles net reg is by hulle huise (en sakke) is alles 100. Ons land was nog nooit in soveel ghaos gewees nie. Alles gaan ten gronde – ons mense, ons hulpbronne, ALLES.

nie regtig nie ·

jy is so verkeerd theresa b. laat n “nie swart” vat of him/haarself verdedig en die wiele van die gereg rol jou in die hel in.

marous ·

Waarom gaan betoog hulle nie in die parlement of voor die minister van polisie se huis nie ?

se net ·

Mense jul weet natuurlik dat dit een van die swak betaalste werke is in SA. Dai mans waag elke liewe dag hul lewe sodat ons kan geld trek net waar ons wil, assesteer winkels met geldsake se inbetaling en uitbetaling ens ens ens. Ons sekerheidsmense wat elke nag na ons veiligheid omsien in patrollies ens omdat die SAP nie hul werk doen nie…………Dai manne kry lone wat grens aan onderbetaling. Sommige van dai firmas staan geen siekverlof toe nie en ook nie eens n af naweek en werk 12uur skofte. Regtig ek voel ons moet meegevoel he met hul en hul te alle tye ondersteun. En dalk moet die regering kyk na dai manne se salarisse en voordele. Pateties!

Moeg ·

Ek stem saam “sê net” Dit is seker weereens ‘n geval van die hoës vang al die room, en die manne wat die werk doen is gelukkig as hulle die krummels optel! Ek deel hierdie ouens se griewe, net jammer daar is van hulle wat deel is van die boewery.

Christelle ·

Ek stem saam met die wagte. Ek wens almal wil die paaie so toe blokeer vir verskeie redes. Die hoë brandstof, VAT, rooftogte en moorde.

Ernstig ·

Om die verkeer op tehou, te veroorsaak dat mense laat vir werk is ens, is GLAD nie die regte manier nie, en om stadig te ry, wat gaan dit julle help, die mentaliteit en denkwyse agter die 1 gaan my verstand te bowe…. Regtig mense.

GM ·

@Sê net, baie van ons besef hul kry bitterklein salarisse, en dat dit ‘n gevaarlike werk is. Ek raak ontsteld as hul wagte se poste sny deur sisteme in te sit by party plekke. Maar, hoekom almal anders straf oor hul base nie gehoor gee nie? Almal het probleme by hul werke. Almal kan nie net paaie versper of afbrand as hul ongelukkig is oor iets nie. Gaan maak die base se lewens onaangenaam. Ambulanse kan nie vinnig genoeg by pasiënte uitkom nie, geliefdes kan nie vinnig genoeg by hospitale uitkom nie, ‘n pappa kan dalk nie vinnig genoeg by die huis uitkom waar ‘n inbreker sy vrou/kind martel nie. Dít is wat my kwaadmaak van mense wat paaie versper omdat hul ongelukkig is met hul omstandighede.

Pietie ·

En toe die WITTES teen PLAASMOORDE opgestaan het is hulle GEWAARSKU dat hulle met vuur begroet sal word volgende keer deur die EFF want hoe DURF die wittes die verkeer vertraag en veroorsaak dat mense laat kom vir werk en kinders laat kom vir skool TOG as die TAXIS en BUSSE staak asook die TREINE en die CIT ouens of die VRAGMOTORS dan is dit heeltemal geoorloof dat almal laat kom vir werk en vir skool . solank jy NET vir die regte party stem mag jy doen wat jy wil . EK HET SIMPATIE Met die CIT manne . maar regtig .. hoekom verontrief julle ONS??? GAAN staak daar waar die mense die besluite moet maak . om MY te vertraag vir werk gaan jou NIKS in die sak bring nie.

Tamara ·

Om Hemels naam kry vir die geldmense pantservoertuie om geld te vervoer nie dienkietoys nie.

Theresa ·

Stel ‘n privaat groep saam wat die rooftogte in diepte ondersoek (ware speurgroep – nie ‘n gekuier iewers om niks te bereik nie).
Geldwaens is blykbaar nie so sterk nie – wat van iets wat soos ‘n tenk werk. Sodra ‘n sensor binne die tenk iets ongewens opvang (bv. ‘n eerste skoot) draai die lang loop na die verpesting en skiet.
Hoop die raad word intussen al gevolg wat deur ‘n kenner gegee was: Veg hierdie groep beplanners met hoogs intelligensie en strategie terug. Iemand weet te veel; iemand deel als; iemand kan dit stop.

se iets ·

Ek verstaan als, maar hoekom nie optogte voor die Ministerie wat moet kyk en als voor hulle huise en die pad wat hulle ry nie. Hoekom nou ander se pad wees

Ryno ·

As dit die kriminele gaan stop kom ons maak dan alle paaie toe teen korupsie, moord ,verkragting , huisbraak , plaasannvalle en sommer als wat krimineel is. Om paaie te ontwrig gaan nie die land red nie, die regering sal moet begin optree teen alle misdaad en minder regte gee aan misdadigers en meer aan die bevolking van SA wat moet lei onder misdaad.

kas ·

Hulle vra beskerming,wat van die boere op plase.Kry hulle beskermind,nee,daar word nie eers na landelike veiligheidskrete geluister nie

JPV ·

As ek al die kommentare so lees, is dit duidelik dat die meeste van ons simpatie het met die veiligheidswagte. Maar wragtig, moenie onskuldige burgerlikes se tyd en geld so mors en paaie blokkeer! Gaan betoog in die townships teen die korrupte politiekery by name: ANC, EFF en ja, ook die DA.

heila fourie ·

politieke foefie
hierdie klink te onwaar om waar te wees. politiesie het seker geld nodig vir verkiesing. niemand kry seer nie en die geld verkleur ook nie en daar is geen rookafskeiding in die geldtrommels nie. waar is die 2 voertuie wat die transito voertuie moet volg vir verdediging in dien nodig?
Heila

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.