Transitorower doodgeskiet; twee vermeende makkers vas

(Foto: Verskaf)

Twee vermeende transitorowers is agter tralies en nog een is dood nadat ʼn skietery tussen die rowers en die polisie uitgebreek het.

Volgens brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het die transitorooftog Woensdag omstreeks 17:15 in Springs plaasgevind.

“Gewapende verdagtes het ʼn pantservoertuig tot stilstand gedwing en veiligheidswagte ontwapen nadat hulle geld by verskeie afsetpunte opgelaai het. Hulle was glo op pad terug na hul basis toe die rowers op hulle toegesak het.”

Mathe sê die aanvallers het springstof gebruik om die pantservoertuig mee oop te blaas en het met kontant gevlug.

“Die polisie in Gauteng het blitsig gereageer en verskeie hulpbronne beskikbaar gestel om die rowers vas te trek.

“Waaksame lede van die Valke en die Johannesburgse blitspatrollie het die verdagtes omstreeks 20:20 op die M1-snelweg net voor die Booysens-afrit opgespoor. Hulle het met ʼn Toyota Quantum- minibustaxi gery,” sê Mathe.

ʼn Skietgeveg tussen die polisie en die vermeende rowers het kort daarna uitgebreek en een van die rowers is doodgeskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.

(Foto: Verskaf)

“Nog twee verdagtes is vasgetrek en die polisie het op drie vuurwapens sowel as kontant en twee selfone beslag gelê.”

Volgens Mathe is ʼn polisiebeampte ook in die skietery gewond. Hy sterk tans in die hospitaal aan.

Die waarnemende nasionale kommissaris van die polisie, lt.genl. Tebello Mosikili, het die polisie vir die spoedige inhegtenisnemings geloof.

“Ons sal voortgaan met ons pogings om ernstige geweldsmisdaad te bekamp. Ons wens ook ʼn spoedige herstel aan ons beseerde polisiebeampte toe.”

ʼn Soektog na die res van die aanvallers is steeds aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jack ·

Die rowers kom swaar gewapen.Waar kry hulle die wapens ? Ek vermoed daar is duisende wapens in die hande van skelms wat nie sal huiwer om dit te gebruik nie.Die bron is heel moontlik die weermag en SAP wat nie doeltrefend wapenbeheer toepas nie.

Keelvol ·

Daardie wapens in foto’s word nie deur die weermag of SAPD gebruik nie.

Surfer ·

Presies, ingevoer, verskaf deur een of ander land wat sy oog op SA het.

Koos 100 ·

Alle wapens is SA word ingevoer/ingebring. SA vervaardig nie meer hand wapens nie.

Pietertjie ·

Sover ek weet, word die taxi’s deur die Staat/ANC (lees: belastingbetalers) gesubsidieer. As mens die verlore-wapen statistieke bekyk, dan val dít ook onder Staat-subsidies. Sit twee en twee bymekaar…

Pieter ·

Nou waar val jy nou uit? As jy afrikaanse media so erg as die “grootste” vyand sien, hoekom lees jy nog Maroela media?
Ek is dankbaar hulle bring die nuus vir ons en ek merk geen vyandigheid in die berig nie.
Dankie Afrikaanse media!!

Papsak ·

Ek vra ook weer waar kry hulle wapens ons mag nie wapens he nie maar hulle loop rond met dit

Anel ·

Mooi. Dit raak mos nou einde van die jaar. Die soirt van ding gaan seker nou meer gereeld gebeur. Maar as die polisie so vinnig optree en die gemors uit die weg ruim, is dit baie goed. Sal net wil eert wasr is die kommissaris as daar ‘n waarnemende een is? Het ek iets gemis?

Keelvol ·

Het jy al gesien met Watse brutaliteit word die transit rooftogte uitgevoer? Hulle is nie honger nie, maar lui om te werk. Die polisie het reg opgetreë. As die Afrikaanse media so n groot probleem is, lees eerder die mail & gardian dan.

Aai ·

Mooi so maar daar is net een plek vir die rowers 8 ft onder die grond.

Surfer ·

Ingevoerde wapens wat die manne gebruik. Van waar? Deur wie verskaf? Watter land? Baie professioneel, dubbel magasyne vir baie vuurkrag/patrone. Nie sommer Jan rap op straat nie.

Althes ·

Goeie werk vir die polisie op voetsoolvlak. Ja waar kry die rowers al die ammunisie en vuurwapens?

SjN ·

Knap gedaan, laat die rowers wat gevang is begin sing waar kry hul die wapens en bring sommer hul kolllegas uit wat weggekom het.

JohanR ·

Ek eet lekker middag ete toe ek die berig lees. Ek bestel dadelik vir my twee Bells.

Kensy ·

Knap gedaan SAPS!!
Ek sien Maroela Media het baie conspiracy believers.
Party maal is dit regtige net kremenele gedrag…. niks sinister nie mense.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.