‘Transitorower’ gee hom oor aan Valke

boeie

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Vermeende transitorower sal Woensdag in die landdroshof in Worcester verskyn nadat hy hom aan die Valke oorgegee het.

Die 37-jarige verdagte, vergesel van sy prokureur, het homself Maandag aan die Valke se ondersoekspan na ernstige georganiseerde misdaad in Kaapstad oorgegee in verband met ’n transitorooftog wat verlede maand in Worcester plaasgevind het.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê ’n transitowag van G4S is op 3 Desember deur twee mans oorval nadat hy kontant by ’n kruidenierswinkel in Zwelethemba gaan haal het.

Die verdagtes het die transitowag ontwapen, die kontantboks (CPC-boks) gegryp en in ’n wegkommotor gevlug.

Die bestuurder van die transitowa het die wegkommotor agternagesit. Dié silwerkleurige Suzuki is later verlate in Ntlakohlokazastraat in Zwelethemba gevind. Die CPC-boks met gevlekte geldnote is ook in die motor gevind.

Nkwalase sê ’n ondersoek het die verdagte met die misdaad verbind en ʼn klopjag is op 30 Desember by sy huis uitgevoer. Die verdagte was egter nêrens te vinde nie voordat hy homself aan die Valke oorgegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lee ·

Miskien het die verlate voertuig aan hom behoort. Ek wens eintlik dat wanner hierdie geldbokse ontplof dat hy sommer die skelms ook vlek dan sal hulle mos maklik gevang word!

Stofdonkie ·

Ek is bevrees dan kan daar dalk baie gevlekte polisie beamptes rondloop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.