ʼn Vermeende transitorower is in die Johannesburgse sakesentrum in hegtenis geneem toe hy met ʼn motor met flitsende blou ligte rondgery het.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes was Dinsdag besig met roetinepatrollie toe hulle ʼn verdagte silwer Mercedes Benz-motor met flitsende blou ligte en ʼn sirene opgemerk het. Hulle het die voertuig genader en by nadere ondersoek vasgestel die voertuig se nommerplaat was vervals.
“Die polisie se voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die bestuurder gesoek word in verband met ʼn transitorooftog in KwaZulu-Natal verlede jaar,” het Makhubele gesê.
Die 42-jarige verdagte sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklag van besit van ʼn vermoedelik gesteelde motor en oortreding van die Verkeerswet. Hy sal dan na KwaZulu-Natal geneem word waar hy in verband met die transitorooftog in die hof sal verskyn.
Goeie werk asb moet nou nie dat hy ontsnap uit aanhouding nie.
Was sy wapen dalk gehuur by die polisie ?
Ja, goeie werk maar hopelik is hy nie weer uit op borgtog of ” ontsnap” nie.
Mooi so….trots op die goeie werk….hou so aan….en hou mnrtjie waar hy hoort!!
Man dis lekker om dit te lees – Dankie vir die GOEIE DIENS.
Wys hul gesigte sodat ons kan help om misdaad te bekamp en op ons hoede te kan wees as ons hulle gewaar