Transitorower vasgetrek

Argieffoto. (Foto: SAPD)

Lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het Woensdag ʼn 35-jarige verdagte in hegtenis geneem vir ʼn transitorooftog wat verlede maand in Empangeni, KwaZulu-Natal, plaasgevind het.

“Daar word beweer dat sekuriteitswagte besig was om kontant in Central Park af te lewer, toe hulle deur gewapende rowers voorgekeer is. Die verdagtes het dienspistole en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. Die verdagtes het toe in ʼn wegkommotor gevlug, wat later verlate in Port Dunford gevind is.

Volgens misdaadstatistiek wat Vrydag bekendgemaak is, het 42 transitorooftogte in die eerste drie maande van die jaar plaasgevind. Dis is effens minder as die 47 rooftogte dieselfde tyd verlede jaar.

Die verdagte, wat na bewering deel van die groep rowers was, is na afloop van ʼn ondersoek in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag (Vrydag) in die hof verskyn het.

Volgens die Valke in KwaZulu-Natal sal hulle voortgaan met die soektog na die res van die verdagtes totdat al die skuldiges aangekeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

42 transito rooftogte? Besef die ANC wat besig is om te gebeur?

ES ·

Ek dink nie hulle gee om nie. Solank as wat die belastingbetalers aanhou om hul duur lewenstyl te befonds sal hulle nie ‘n vinger roer nie.

Excalibur ·

IRONIES en ek lag myself ‘n papie met ‘n glinsterende traan in my oog. Dit is slegs ‘n geval waar eenoog koning is in die land van die blindes want die Regering van die Dag plunder, skaak en roof die land se fondse & lewensbronne kaal en hier kom die kleiner rowers en roof net wat reeds geroof is. Wat is die kriks van die opvatting…op die einde beland al die land se vrug deur misdaad in die koffers & skote van die Mafia Base. Help ‘n Volk & Bou ‘n Nasie!!

Persheks Adri ·

Dankie ANC dis nou julle toedoen omdat daar nie werk is nie so julle skep mos nou werk vir méér rowers verdomde gemors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.