‘Transitorower’ voor supermark doodgeskiet

Foto: Verskaf

’n Vermeende transitorower is Donderdagmiddag tydens ’n transitorooftog voor ’n supermark in Tongaat, noord van Durban, doodgeskiet. Twee veiligheidswagte het skietwonde in die voorval opgedoen terwyl nog ’n verdagte skrams in die voorval deur ’n koeël getref is.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê paramedici is omstreeks 16:00 na die toneel in Fairbreeze ontbied kort nadat ’n transitorooftog buite ’n supermark in die winkelsentrum plaasgevind het.

’n Verdagte is gedurende die voorval doodgeskiet. ’n Tweede verdagte is gewond nadat hy  skrams aan sy kop gewond is.

’n Sekerheidswag van die geldwa en nog ’n wag is gewond en op die toneel vir matige beserings behandel voordat hulle per ambulans na ’n hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Sal interessant wees om te weet waar het die wolhaarstorie or inkvlekke op geroofte geld, ontstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.