‘Transitorower’ vra borgtog

hof-hamer

Argieffoto.

Nathaniel Nathi Mafala (32), ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ʼn groep swaar gewapende aanvallers wat in Januarie na bewering ʼn G4S-geldwa met springstof oopgeblaas en beroof het, se aansoek om borgtog is Vrydag in die Pretoria-landdroshof geweier.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die polisie, het gesê Mafala het verskyn op aanklagte van poging tot moord, gewapende roof, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die Valke se afdeling wat werk met die beheer van onwettige vuurwapens en prioriteitsgeweldsmisdade het Mafala op 20 Februarie in Soshanguve, noord van Pretoria, in hegtenis geneem.

“Die verdagtes het na bewering op die middag van 21 Januarie op die N1-snelweg losgebrand op ʼn G4S-voertuig wat geld na Kempton Park vervoer het. Twee ander voertuie het by hulle aangesluit en die transitovoertuig van die pad af gedwing. Die bestuurder en die bemanning is van hul vuurwapens beroof. ʼn Onbevestigde bedrag kontant is ook gesteel ná die kluise oopgeblaas is met springstof,” het Mulamu gesê.

Ooggetuies het die polisie in kennis gestel van die voorval. Die polisie het gereageer en ʼn skietgeveg het tussen die verdagtes en die polisie losgebars waartydens die verdagtes daarin kon slaag om te ontsnap.

Die Valke het die saak ondersoek en Mafala is in hegtenis geneem. Polisie-handradio’s, sleutels, ʼn ongelisensieerde vuurwapen en kontant wat glo van die misdaadtoneel gesteel is, is in sy besit gevind.

Daar is ook R100 000 kontant in sy ouers se huis in Brits aangetref.

Die saak is tot 19 Maart uitgestel en Mafala bly in aanhouding tot dan.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tamboti ·

Shame, nou hoekom kan hy dan nie borg kry nie? hy het seker nog iewers ‘n paar duisend randjies om borg mee te betaal, EN nou kan hy ook nie sy beroep verder be-oefen nie!
Ai die nuwe SA, hulle diskrimineer darem so: as jy ‘n pos in die regering het, kan jy maar net geld vat wat nie joune is nie, en as hul jou vang word alles gedoen om jou tog te beskerm.

Michael ·

Jaaaa Ek stem hoekom kan hy nie borgtog kry nie hy is mos n minder bevoorregte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.