‘Transitorower’ werk glo vir ANC

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het Woensdag onthul dat ʼn verdagte wat onlangs in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem is, glo by die ANC se hoofkantoor in dié stad werk.

“Ek is ingelig dat een van vier verdagtes wat in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem is, glo by Luthuli-huis werksaam is,” het Mashaba in ʼn verklaring gesê.

Mashaba het gesê die verdagtes was na bewering onlangs betrokke by ʼn transitorooftog in Dobsonville in Soweto. Die polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur en hulle op 6 en 7 Julie tydens klopjagte in hegtenis geneem.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op vier voertuie wat gekaap is. Twee van dié voertuie is tydens die rooftog in Dobsonville gebruik.

“Die inhegtenisneming van dié individu skep die vraag of die ANC bewus is dat die persoon aangekeer is, en as dit die geval is, hoekom bly die party dan stil oor so ʼn belangrike kwessie?

“Dit skep ook die vraag oor hoe die ANC, wat die nasionale regering bestuur, individue in diens neem wat so skaamteloos openbare veiligheid en die wette van ons land ondermyn,” het hy bygevoeg.

Die ANC kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Esidimeni ·

Ek dink daar is baie wat vir die ANC werk wat ‘rowers’ ‘bedrieers’ ‘korruptes’ is .. geen verrassing nie, daar kom kort kort ‘n saak uit …

Wessel ·

Hulle het vele talente en hulle is nie skaam om dit te ontgin nie.

Ekke ·

DIT IS GLAD NIE “N VERRASSING NIE. NIKS ANDERS VERWAG NIE>

Jordaan ·

Ja, ek kan nie dink waarom enigiemand verbaas ia daaroor nie!

marous ·

Seker opdrag gekry om gou geld te gaan trek vir verversings …..

DAVID ·

hy het seker instruksie van werkgewer gekry om vir hulle geld te kry,hulle swyg nou soos graf

Lizette Coetzee ·

Wie is nou nog regtig verbaas oor dié brokkie inligting.

Janosh ·

Dit bevestig net verder my vermoede dat groter magte by transito rowe betrokke is, veral voor verkiesings. Gaan trek maar self die statistiek.

Chris ·

Hoekom is ons nie verbaas nie. Gerugte doen mos lankal die rondte that daar op die manier geld ingesamel word vir n herstigte anc . Nou waar n rokie trek is n vuurtjie. Die wat weet swyg soos die graf. Sekeres sal seker weer geskok wees en hulle skaam vir die voorval, maar die grootste reaksie sal wees dit is fop nuus deur die DA om die anc voor die 2019 verkiesing te diskrediteer

leon ·

Ek haal my hoed af vir Herman Mashaba wat dinge op die naam noem. Sy stryd in JHB middestad is bewonderingswaardig.

Hoop die kiesers besef dit.

riaan ·

Ongelukkig kan ons nie dieselfde van sy eweknie in Tshwane se nie! Solly kan maar net so wel vir die ANC werk.

christa ·

niks snaaks dat dit ANC man is nie, Dis die mense wat die septer swaai in verwoeste land

Natan ·

Dit verbaas my glad nie. Het dit nog altyd geglo en verkondig. Hoe kan die lompe, onvolhoubare ANC al hul partyaktiwiteite, -lede en -infrastruktuur betaal en onderhou. En die banke speel saam, tog so maklik om so ‘n roof te pleeg en niemand kan die geld opspoor wat geroof is nie.

Callie ·

Gaan lees asb Kill the Boer. Eff en Anc betrokke by plaasmoorde. Nou by transito rooftogte. Die mense in die land slaap. Almal sit terug, passief en kyk hoe alles vernietig word. Gaan ons wakker word en opstaan of gaan ons wag om soos die lam ter slagting gelei te word. Is ons so geindoktrineer en oordonder dat ons nieeer gaan opstaan nie

Johan H. ·

Herman Mashaba !! Ons weet, en ons is gladnie verras nie, Julle “Track record”wys dat julle anc tot alles instaat is, wat sleg is ,,Lekker daggie vir jou en jou COMRADES!

Lou ·

Niks vreemd nie. Omtrent die helfte van die parlement het kriminele rekords……

ChrisE ·

Dit is ou nuus. Die komtrats wat tydens die groot sokkel in ballingskap was het reeds rowe uitgevoer. Ek was in geselskap waar van die komrats onder die prop gespog het met hul pogings waar hulle die plaaslike bevolking in Rusland beroof het wanneer hul befondsing opgeraak het. Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde.

John Samuel ·

Glad nie verbaas hieroor nie!!!

En wat gaan nou hiervan (verder) kom..? Dadels…..

Peter Harber ·

Baie moontlik, daar is n verkiesing volgende jaar wat gefinansier moet word!

C S ·

In 1993/ 94 was daar ook geweldig baie transito rooftogte.
Polisie het in die oos rand op ‘n huis afgekom waar baie van die geld gevind is.
Dit was direk met die anc verbind.
Snaaks genoeg dat die polisie beamptes kort daarna verplasings en bevorderings gekry het en die saak het in die mis verdwyn.
Is daar weer ‘n belangrike verkiesing oppad?

Ja CS ·

Nasionale verkiesing in 2019. Ook bekend as die viering van die korrupte kwart eeu van die cANCer regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.