Twee transitorowers kon Maandagoggend daarin slaag om met ʼn onbevestigde bedrag kontant en vuurwapens te vlug nadat hulle ʼn Boxer-supermark in Vryheid in KwaZulu-Natal beroof het.
Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind.
“Wagte van ʼn veiligheidsmaatskappy was op pad om geld in ʼn kitsbank te laai toe hulle deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer is. Een het ʼn skoot afgevuur en geld geëis,” het Naidoo gesê.
Naidoo het gesê die verdagtes het van die toneel gevlug met twee vuurwapens wat hulle by die wagte gebuit het asook ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant.
“Die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is, is later sowat 10 km van die toneel opgespoor. Niemand is tydens die voorval beseer nie,” het Naidoo gesê.
Volgens ʼn ooggetuie het die hele voorval minder as ʼn minuut geduur. “Hulle het een skoot in die kitsbank ingeskiet, die bokse geld gegryp en buite na ʼn motor gehardloop. Toe die polisie sowat 10 minute later by die toneel opdaag, was hulle reeds weg,” het die ooggetuie gesê.
Volgens hom was van die personeel en klante angsbevange ná die voorval.
Ja raait
Dit is GLADnie snaaks nie.
Wel, teen die tempo wat hierdie transito-rooftoge plaasvind, behoort selfs “onder ‘n minuut” te lank te wees . . . . . . . . .
viva hoed nar!
Plaasmoorde, inbrake, motorkapings, renosterslagterye, transitorooftogte, dwelmsmokkelary… Suid Afrika het een van die donkerste kolle geword in Donker Afrika.
Inside job, vanaand word daar gedeel.
Blitsvinnig met misdaad…….dodeilik gevrek stadig met werk!!!
Hierdie rowers is opgeleide mense en baie van hul word gewerf van Afrika waar hierdie tipes van optredes ‘n algehele tendens was en hul opleidings ontvang het.
10 min het hulle eers die geld getel en gedeel
Hulle was dopgehou van punt A na punt B.Hierdie roof was professioneel uitgevoer en dit laat my dind iemand sit agter hierdie rooftogte,miskien verkiesingsgeld.Die wagte het darem niks oorgekom nie of was dit so beplan.