Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die groep rowers het drie veiligheidswagte Woensdagoggend by ʼn winkelsentrum in KwaMashu in KwaZulu-Natal voorgekeer terwyl hulle OTM’s gelaai het.
“Die verdagtes het skote op die veiligheidswagte afgevuur, hulle van hul vuurwapens beroof en met vyf kontanthouers op die vlug geslaan.”
Volgens Mhlongo het die verdagtes hierna ʼn polisievoertuig gekaap. “Ander polisiebeamptes het die verdagtes agternagesit. Die verdagtes het later beheer oor die gekaapte voertuig verloor, terwyl hulle op die beamptes losgebrand het. ʼn Polisiebeamptes is geskiet en in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas.”
Mhlongo het gesê polisiebeamptes het hulp ontbied en een verdagte is in hegtenis geneem. Die polisie het op die vyf kontanthouers en ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê. Die 29-jarige verdagte sal binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn, terwyl ʼn grootskaalse soektog na die ander verdagtes van stapel gestuur is.
Pateties!!polisie word van hulee voertuig beroof en nog geskiet ook. Is oordat hulle nie meer voldoende opleiding ontvang nie. En ons moet hulle nou vertrou om ons veilig te hou.
Gelukkig is daar darem nog so paar ouens wat hulle self en na ons kan kyk maar die meerderheid polisielede kan hulleself nie een oppas nie.
Weereens – ” Proudly new South Africa”.
Die ANC moet hierdie jaar ophou die blame game speel en rassehaat aanhits en begin aanspreeklikheid neem vir die wetteloosheid wat soos kanker groei in die land. Hulle is vrot mentors en n swak voorbeeld – dis waarom misdaad onaanvaarbaar hoog sal bly. Waarom? Want hul is deel van die probleem en nie die oplossing nie.
Verseker! Wettelose onopgevoede spul. Bo aan die lys tot by de laaste een.
Julle wat so negatiewe kommentaar lewer het sweerlik nie familie in die Polisie nie. Was julle al gekaap of was julle al in n oor en weer skietery betrokke? Wag maar tot julle dag aanbreek, da praat ons weer!