Skote het Maandagmiddag buite ʼn winkel in Bloemhof, Noordwes, geklap toe gewapende rowers op ʼn transitovoertuig toegeslaan het terwyl wagte besig was om geld op te laai.
Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die G4S-wagte het nog die geld in die voertuig gelaai toe hulle deur vier rowers gekonfronteer is. “Die rowers het twee skote afgevuur, maar niemand is gewond nie en daar is ook nie eiendom beskadig nie.”
Die rowers het met ʼn onbevestigde bedrag kontant op die vlug geslaan.
ʼn Saak van roof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Transitovoertuie landwyd het tot dusver vanjaar erg onder rooftogte deurgeloop, maar die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris het vroeër vandeesmaand aangevoer dat dié rooftogte in die voorafgaande maand aansienlik afgeneem het. Min. Bheki Cele het toe gesê transitorooftogte het in Junie met 61% afgeneem vergeleke met Mei.
Minister Cele Jy het te gou gesê die rooftogte is aan die afneem ???? Hulle strategie het net verander, hulle wag net tot die geld buite is, al is die Botswana plofstof deskundiges gearresteer ! Vang hulle Minister terwyl hulle ook buite is !!!!
Daar is nie veronderstel om een te wees nie Mr Cele…..
Alweer G4s? Ek dog die polisie het nou alles onder beheer ?
Die anc trek weer geld…..
Bees – Goed gestel !
Thefullie House, doen weer ontrekkings!!!
Vier rowers slaan op die wagte toe.Waar was die wagte wat buite moet waak teen sulke aanvalle.Hoeveel wagte was daar.