Transitorowers slaan op twee plekke toe

Wrakstukke van die geldwa lê op die N8 by Bloemfontein nadat die transitorowers toegeslaan het. (Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

Die N8 naby die Bloemfonteinse lughawe was ʼn kort ruk gelede nog gesluit, nadat gewapende rowers vanoggend op ʼn geldwa toegeslaan het.

AO Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het gesê lede van die springstofeenheid het ure lank gewerk om die gebied te beveilig, nadat ploftoestelle ná die aanval op die toneel agtergebly het.

Die aanvallers het die voertuig met plofstof oopgeblaas. Verdere besonderhede oor die voorval is nog nie beskikbaar nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê drie mense is lig beseer en is na hospitale vir verdere behandeling geneem.

ʼn Transitorower is intussen doodgeskiet en sy vermeende makker gewond en in hegtenis geneem, nadat hulle gister in Baden Powelrylaan naby die N2 in Kaapstad op ʼn geldwa toegeslaan het.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn groep gewapende mans het die pantservoertuig aangeval en dit met plofstof oopgeblaas om by die kontant uit te kom.

Blitspatrollielede in die omgewing van die N2 het op die aanval afgekom en ʼn skietery het uitgebreek, waarna die verdagtes in drie luukse sedans met ʼn ongenoemde bedrag geld gevlug het.

“Die voortvlugtende verdagtes is agternagesit en een van hulle voertuie is op die N2 tot stilstand gedwing. ʼn Verdagte wat reeds dood is, is in die voertuig gevind. ʼn Tweede verdagte is naby Khayelitsha gedwing om te stop. ʼn Beseerde verdagte, gewapen met ʼn R5-aanvalsgeweer, is in hegtenis geneem,” het Naidoo gesê.

“Die voertuig is in Mei vanjaar in Claremont as gesteel aangemeld. Die derde verdagte voertuig is verder langs die pad met sakke geld in die kattebak gevind. Die voertuig is in Julie vanjaar in Khayelitsha as gesteel aangemeld.”

Nog sakke met geld, ʼn AK-47, verskeie koeëls en ʼn 9 mm-pistool is ook naby die misdaadtoneel gevind.

Genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiehoof, het die polisie vir hulle vinnige ingryping geloof.

Die polisie is steeds op soek na nóg betrokkenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Michael P ·

My vraag is net dit. In my werk sien ek elke dag hierdie trokkies geld aflaai en oplaai as hulle by hulle optel punt kom klim daar ALTYD n gewapende wag agter uit hoe is dit moontlik dat die trokkie opgeblaas word . waneer klim die wag dan uit? As hulle hom eers uitlaat dan hoekom. die trokkie op blaas ons hoor nooit van die wagte wat in die ontplofings dood is nie

Chris Beets ·

Hulle werk dalk saam met die rowers????? Wie weet sal nooit weet nie alles is geheimsinnig.

Willehond ·

Begin dit weer?? Dis nog altyd aan die gang! Mens wonder net wanneer dit erger raak in hierdie mooi vrot afrika land!

Nick ·

Dit is “organized crime” die regering is verby betrokke en die polisie het nooit sukses nie. Daar is seker n anc party die naweek. Geniet hom!!!

Jc ·

My vraag is, waar kry die rowers R 5 wapens? Die persone wat dit aan hulle verskaf word moet gesoek word!!!

Karlahari ·

Hallo MM.
Net n regstelling.
Hierdie is nie pantservoertuie nie.
Ek glo die benaming geldwa is na genoeg aangesien hulle slegs versterkte bakwerke het.

Michael P ·

Nou hoe waar is die geskietery dit haal nie eers die t v nuus nie.

pieter ·

Wat is deesdae op die nuus niks van waarde ni moeite werd om te kyk nie , baie baieeeee buiteland sed nuus jaaaa

Speedguard ·

Geen finansies om dit te dek nie ………… dink ek of wil hulle nie op die “rowers” split nie …..

Lappies Maleoskop ·

Kersfees seisoen is naby.
Ons het altyd verwys na “Springstof” en oud “Springstof deskundiges” het jou baie gou op jou fout gewys as jy van “Plofstof” gepraat het.

SjN ·

Laat die gewonde rower sing soos n kanarie en met hele sak patats vorendag kom, roep my as hul nie weet in dit te doen nie, die polisie beskerm hulle, inside job.

Leon ·

Die vraag: hoekom elke keer die veiligheids maatskappye. Die rede is, dit is maklik om die voertuie te beroof. Die voertuie is nie werklik gepanser nie. Jy kan hom met ‘n klapper opblaas. Die personeel weet dit, daarom klim hulle uit waneer hulle voorgekeer word.
Ongelukkig is die veiligheids maatskappye nie bereid om tussen R4miljoen en R13 miljoen rand te betaal vir behoorlik gepantserde voertuie en die regering wil ook nie toestemming gee dat hulle dit mag aankoop nie want dan kan hulle boeties nie die geld roof nie. baie maklik, geld en toestemming. Behoorlik gepantserde voertuie word gelys onder militêre toerusting, en die publiek mag nie militêre toerusting hê nie.
Ek hoop dit antwoord die mense se vrae.
Uit die hoofde van my werk het ek met baie firmas gepraat en die vervaardigers van voertuie en dit is waar ek my antwoorde gekry het.

Speedguard ·

Omrede dit weer gebruik kan word teen onskuldige mense indien dit in verkeerde hande beland……….besef net die mense is nou wel skelms maar is hul baie findingryk, hulle is altyd een stappie voor en is daar altyd inside jobs, ongelukkig is daar van die sogenaamde “wetstoepassers” ook betrokke….

Kallie ·

Gepanserde voertuie is swaar en sal stedelike paaie vinnig help verwoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.