Transitorowers slaan toe in Rustenburg

Transitorooftog in Rustenburg (Foto: Facebook/ANA)

Gewapende rowers het ʼn onbekende bedrag kontant gebuit ná hulle op ʼn transitovoertuig in Rustenburg toegeslaan het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Noordwes, het gesê ʼn transitovoertuig was Maandag op pad na die depot toe ʼn ander voertuig dit skielik in Dr Morokarylaan getref het.

“Na bewering het die transitovoertuig die pad oorgesteek toe ʼn voertuig skielik in die voertuig vasgejaag het en die bestuurder het beheer verloor. Die voertuig het omgerol en in die bosse langs die pad beland.”

Sy het gesê die bestuurder en sy spanmaats is na bewering deur ʼn onbekende getal verdagtes, wat klapmusse gedra het, uit die voertuig gedwing. Hulle moes met hul gesig na onder op die grond lê.

“Die verdagtes het daarna van springstof gebruik gemaak om die voertuig oop te blaas. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug en ʼn vuurwapen wat in die transitovoertuig was.”

Die Valke het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jean ·

Dink ek ook hier waar ek lees…wat het van ons land geword? Mens kan die blatante arrogansie net nie glo nie,jy staan eintlik verslae !

Liberale beskerming ·

Die sindikate word onder die dekmantel van liberale wette beskerm.

willem Botha ·

Die probleem is nie dat hulle arrogant is of dit net te maklik gedoen word nie die groot probleem is die feit dat hulle geen vrees vir die kastige wetstoepassers het nie en die vraag is hoekom?

Gert van Wierdapark ·

Na al die jare se rooftogte en modus operandi van die skurke, is daar weinig innovasie om die maklike ( sagte) teikens beter te beskerm! Byna dieselfde as kabeldiefstal en renoster vernietiging!

Chris Ws ·

Marinda u is baie positief ek moet se.Ongelukkig is die weereens n inside job.Voorskoon die Engels!EN heelwaarskynlik word die polisie aandiens deur die boewe betaal om laat op te daag by die toneel en belangrike bewyse te verdoesel.Korupsie is aan die orde van die dag in die land en die polisie is ongeluk deel daarvan.

Schalk ·

Valke noem hul skilpaaie.Nogal nuuskierig hoeveel van die tipe sake hul kriminele vang en suksesvol vervolg.O ja Suid Afrika is 20 persenters.

Santjie ·

Wat het geword van die kleurstof wat note sou kleur? Waarom nie ‘n ding in die geldwa installeer dat sou so iets gebeur, dat die drywer van die geldwa die “device” aktiveer en die geld nutteloos maak nie?

Heksie ·

anc verkiesingsgeld … seker betaal vir al die al hierdie walglike geel, groen en swart plakkate in Kempton Park

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.