Transitorowers slaan toe op nóg ʼn geldwa

Foto: SAPD

Nóg ʼn transitovoertuig het Donderdag tydens ʼn rooftog deurgeloop, dié keer op die R38 tussen Barberton en Badplaas in Mpumalanga.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die transitovoertuig was omstreeks 17:00 in die rigting van Barberton op pad toe transitorowers in ʼn Toyota-bakkie die geldwa ingewag het. Die rowers het op die geldwa losgebrand totdat die voertuig nie in staat was om verder te ry nie en dit noodgedwonge tot stilstand gekom het.

Volgens Hlathi het die rowers die veiligheidswagte ontwapen en opdrag gegee om op die grond te lê, terwyl hulle ploftoestelle gebruik het om die kluis van die voertuig oop te blaas. Hulle het daarna met ʼn onbevestigde bedrag kontant op die vlug geslaan.

Foto: SAPD

“Daar word vermoed dat die verdagtes die pad weerskante van die misdaadtoneel afgesper het, aangesien daar geen voertuie verby die toneel gery het terwyl die rooftog aan die gang was nie,” het Hlathi gesê.

Mense met meer inligting word versoek om brig. Obed Ngwenya by 082 565 6417 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Dié voorval is die jongste in ʼn vlaag transitorooftogte wat die afgelope tyd gereeld oor die hele land plaasvind. Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, het vroeër vandeesweek gesê daar het sedert begin vanjaar al meer as 135 transitorooftogte plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Neewat ·

Agneewat ek het geen simpatie meer met die maatskappye nie. Sit DYE PACKS in julle geldkratte sowel as in die trok self dat as die deure oopgaan sonder dat dit deur ‘n gemagtigde persoon gedoen is (deur ‘n kode in te sit) dan moet julle maar suffer. Dan sal hulle ook gou agterkom of die werknemers saamspeel.

Amelia ·

In vandag se lewe kan ek nie glo dat geldtrommels net oopgeskiet kan word nie. Dalk is dit tyd vir die regering om nie BEE aanstellings af te dwing nie en iets te ontwerp wat dai trommel laat ontplof met n vernietiging as uiteinde. Soedoende kan dai geldreeks nommers mos vernietig word en weer herdruk word. Maar ja, die ligte kleure sal dit moet ontwerp want karakters weet niks van veiligheid nie.

Anoniem ·

Hierdie is die grootste klug wat mens nog ooit van hoor. Die sekuriteit is gewapend maar hulle skiet nie n skoot. Hulle word in die meeste gevalle nie eens beseer nie en as hulle geskiet word is dit in die arm of been wat n vleis wond is. Wie dink hulle is ons n klomp stupid mense wat niks weet. Word wakker hulle is almal kop in een mus. Versekerraars betaal te maklik uit

Stormrider ·

Hulle ry nog steeds alleen lang afstande sonder begeleiding, sonder Polisie bystand……
Kon hulle nie solank hulp ontbied terwyl die jaagtog aan die gang was nie?
Ag nee wat.
Die stories raak ongeloofwaardig en afgesaag.
‘n Toyota bakkie wat ‘n panservoertuig kaap?

Cherokee ·

Stormryer, jy verdien ‘n bottel Maroela Likeur vir jou laaste sin…! Ek lag en lag en lag daaroor en weet ek gaan dit weer en weer onthou en weer en weer lag daarvoor. Dit is sò snaaks! ‘n Toyota bakkie wat ‘n pantersvoertuig kaap (?) sê jy.. Dit sal julle leer om op te hou Merc en BMW te skreeu en die maandelikse begroting daarvoor te kaap. Koop ‘n Corolla!

Mornay ·

Kan of mag die ouens nie terug skiet nie die trok is tog koeel vas

peet van breda ·

Waarom is die voertuie wat pantser weans is so maklik om te oorweldig ? Met gewapende opgeleide personeel ? Waarskynlik met kommunikasie direkte radio beheer en waarom nie toegerus met kammeras ens ? Verstaan nie die maklike oorgee en witvlag storie nie . Veg die gewapendes dan nie terug nie ?

Lorraine ·

Hulle raak al hoe meer gemaklik en doen dit sommer in japtrap.

Moeg ·

Ek stem saam Neewat, as die kop nie wil hoor nie, moet die “lyf” maar voel.
Net soos die regering, moet daar ‘n WIL wees om dit te bekamp. Wonder net wat dit gaan in die algemeen op almal se versekering premies, want iewers gaan daai verlore note verhaal moet word!

marous ·

135 in die jaar. Gaan doen asb navorsing of daar enige ander land in die wereld is wat meer gevalle gehad het en gaan foeter dit op die president se tafel neer.

belinda ·

nee nou gaan dit te ver, wat???????? die polisie moet hul bigelei, hulle is dan deel van die komplot, hoekom net g4s en fidelity defnitief ‘n groot slang in die gras. hoe kan ‘n bakkie hul aftrek nee flip grap van die dag.

Nettie ·

Die transito-maatskappye moet dit só maak dat as die voertuig opgeblaas word, alles – die geld inkluis – daarmee saam in 1000’e stukkies opgeblaas word. Of, hou op op duidelik gemerkte, gepantserde voertuie te gebruik om die geld mee te vervoer. Prop die geld in ongemerkte, onopmerkbare lap- of plastieksakke en laai dit in gewone voertuie om na die bank vervoer te word.

Insidente soos dié sal gou afneem as daar niks is waarmee die misdadigers kan wegkom nie.

Vegter ·

Wat van ysterraamwerk binne in trok seker sal n bom dit nie so maklik kan stukkend skiet

Bok ·

Moet tog nie verkiesingsgeld wat die partye nodig het vir hulle verkiesings veltogte so skidelik toedraai n!!!!!
Dan kry rowers net ‘n andre teiken om geld in die hande te kry!!!!

Jaques ·

Verkiessings geld, laat mens wonder dit is volgende jaar weer nationale verkiesing?

zoom zoom ·

SA se nuwe nasionale sport. Dit skep werksgeleenthede in die bou van pantservoertuie asook vir SA munt vir die druk vam nuwe note.

Cherokee ·

…asook zoom zoom, werksgeleenhede met Toyota bakkies (lees Stormrider ietwat opper).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.