‘Transitorowers’ vlug in polisievangwa

Die polisievangwa wat in die botsing betrokke was. (Foto: Verskaf)

Twee vermeende transitorowers is Maandag in hegtenis geneem ná afloop van ʼn transitorooftog in Klapmuts in die Wes-Kaap.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn transitovoertuig is kort ná 18:00 deur ʼn groep onbekende mans ingewag en beroof.

Die verdagtes het tydens dié voorval ʼn onbevestigde bedrag kontant gesteel waarna hulle in ʼn wegkommotor op die R44 op die vlug geslaan het. Die wegkommotor, ʼn Toyota Fortuner, is oomblikke vantevore gekaap toe die voertuig verby die misdaadtoneel gery het.

Die verdagtes is egter in hul spore by Cloetesville buite Stellenbosch gestop deur polisiebeamptes wat op die voorval gereageer en hulle hiér ingewag het.

ʼn Skietgeveg het tussen die polisiebeamptes en die transitorowers ontstaan. Die verdagtes het gedurende dié skietery hul motor voor die Cloetesville-polisiestasie agtergelaat en in ʼn polisievangwa gespring en weggejaag.

Polisiebeamptes het hulle agternagesit en ʼn jaagtog het ontstaan.

Volgens Naidoo het die rowers egter beheer oor dié voertuig verloor wat tot ʼn botsing gelei het. Die verdagtes het te voet in verskillende rigtings laat spaander. Twee verdagtes, onderskeidelik 37 en 43 jaar oud, is later opgespoor en in hegtenis geneem.

Die verdagtes is tans in polisieaanhouding terwyl hul vermeende makkers steeds op vrye voet is.

Die polisie het gedurende die voorval op twee aanvalsgewere, ʼn rewolwer en ʼn sak met kontant beslag gelê. Twee polisievoertuie is gedurende die jaagtog beskadig, maar geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Slegs in Suid Afrika

Malema se tjommie

Daai R4 is van die weermag afkomstig. Geen surprise nie.

marous

Het die polisie vir hulle die vangwa se sleutel gegooi ? Wat ‘n bespotting!

? leser

waar was die polisie voertuig se sleutels gewees????, sommer net in die aanskakelslot

Fielies

‘n AK-47 en ‘n R5.
Lekker nou!