Transitovoertuig tref kind

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Twaalfjarige meisie is oor die naweek ernstig beseer toe ʼn transitovoertuig haar in Vanderbijlpark in Gauteng getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdag by die kruising van Louis Trichard- en Thunderbergweg in die dorp plaasgevind.

Volgens Meiring is paramedici omstreeks 14:15 na die toneel ontbied. Die kind het met hul aankoms op die toneel in die linkerbaan van die pad gelê. Die transitovoertuig het enkele meters verder gestaan.

Meiring het aan Maroela Media verduidelik dat die kind vermoedelik oor die pad gehardloop het toe die voertuig haar getref het.

Die kind het ʼn ernstige kopbesering in die voorval opgedoen en is op die toneel bygebring voordat sy na die Sebokeng‑ provinsiale hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die insittendes van die transitovoertuig het geen beserings in die voorval opgedoen nie, het Meiring gesê.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DieKriek ·

Ek sien ook baie meer doodgeryde diertjies op die paaie. Omtrent elke km een. Mens sou dink met minder verkeer sou alles veiliger wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.