Transitovoertuig tydens rooftog oopgeblaas

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Aantal veiligheidswagte is beseer nadat rowers Maandagoggend die kluis van ʼn transitovoertuig buite Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga oopgeblaas het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 06:20 gebeur terwyl die voertuig vanaf Mbombela na Lydenburg op pad was.

“Die rowers het met hul wit Mercedes Benz-motor die transitovoertuig gestamp waarna die bestuurder beheer verloor en die voertuig omgeslaan het. Die verdagtes het toe ploftoestelle gebruik om die voertuig se kluis oop te blaas,” het Sedibe gesê.

Hy het gesê die rowers het met ʼn onbevestigde bedrag kontant van die toneel gevlug. Die veiligheidswagte in die transitovoertuig is beseer toe die voertuig omgeslaan het en hulle is na ʼn hospitaal geneem. Sedibe kon nie onmiddellik bevestig hoeveel wagte in die voertuig was nie.

ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting word versoek om die Sabie-polisie by 013 764 1211 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annie ·

Dit is vir my regtig verbasend dat ons in ñ crime country bly waar transito rooftogte plaasvind en ATM’s opgeblaas word. Die kriminele met miljoene rande wegkom. Kon niemand nog ñ toestel uitvind dat wanneer daar gepeuter word met die kaste of ATM tellers die geld onbruikbaar word deur ñ kleur ontplofing.
In ons land kan so iets tog moontlik wees. Vir my regtig ondenkbaar dat niemand nog so iets ontwikkel het nie.
Dit sal die einde wees van sulke maklike rooftogte.

thelsa ·

Gebruik tog asb ‘n Mercedes Benz om die geld in te vervoer in die toekoms. Dit is immers duidelik tog meer effektief as die transitovoertuie.

anton ·

My vraag is net, waar kry hulle plofstof in die hande want dit lyk my jy kan dit sommer by n apteek koop.
En Annie, nee hulle sal dit nooit doen nie want dan word die skelms se menseregte aangetas!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.