Transnet-gebou in Oos-Rand afgebrand

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat ʼn Transnet-gebou in die Oos-Rand Maandagaand deur betogers aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het gesê die voorval het in Gugulethu plaasgevind. Altesaam 46 mense is weens openbare geweld in hegtenis geneem. Dlamini het gesê inwoners van dié informele nedersetting het vroeër die dag paaie in die gebied met klippe en brandende bande versper. “Verskeie voertuie is met klippe gegooi, maar geen beserings is aangemeld nie,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is die rede vir die betoging nog nie duidelik nie. Hy het gesê daar was Dinsdagoggend geen verdere voorvalle van geweld aangemeld nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.