Transnet-hoof afgedank

Siyanbonga Gama. foto: ANA.

Siyabonga Gama, uitvoerende hoof van Transnet, is afgedank.

Edward Kieswetter, raadslid, het die nuus Sondagaand op eNCA se The Fix-program bevestig. “Ek kan bevestig dat ʼn brief per hand aan Gama afgelewer is om hom in te lig van die raad se voorneme om voort te gaan met die beëindiging [van Gama] as lid van die raad,” het Kieswetter gesê.

Maroela Media het vroeër berig Gama is 27 September tien dae kans gegee om redes te verskaf hoekom hy nié afgedank moet word nie. Gama het toe die arbeidshof genader vir ʼn dringende hofbevel.

Popo Molefe, voorsitter van die Transnet-raad, het gesê die raad het ʼn brief aan Gama gestuur waarin hy in kennis gestel word van hul voorneme om hom af te dank. Die redes hiervoor is Gama se beweerde ernstige oortredings van sy finansiële, verkrygings- en vertrouenspligte.

“Gevolglik het die raad sy vertroue en geloof in mnr. Gaba se vermoë om Transnet as uitvoerende hoof te lei, verloor,” het Molefe gesê.

Gama moet binne die volgende tien dae ʼn geskrewe voorlegging indien om die raad te oortuig waarom hy nié afgedank moet word nie.

Dié verwikkeling kom nadat Gama verlede maand geskors is rakende die bewerings. Die bewerings spruit uit verslae van Werksmans Attorneys en forensiese ondersoekers waarin Gama betrek word by bewerings van oortredings van verkrygingsreëls rakende ʼn R54 miljard-kontrak om nuwe lokomotiewe aan te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johanna Botha ·

Is dalk maar beter so …niemand glo ek gaan hom daar mis nie

Hannetjie ·

Eienaardig deesdae….hy word beskuldig van allerhande oortredings..maw..ernstige dinge waaraan hy hom skuldig gemaak het..en dan…kry hy kans om te verduidelik hoekom hy dink..hy nie hoef te gaan nie.Watse snert is dit.Hy is mos skuldig.Speel net vir tyd.mom nog maande se fantastiese salaris te kry.

KJ ·

@Hannetjie, mens noem dit democracy, almal het die reg om hulself te defend.

John ·

Alweer die lokomotiewe… en CR soek nog geld vir infrastruktuur vir nog meer van dieselfde en die uitgebrande waens. Die regering ly aan ‘n kompulsie vir oor en oor dieselfde aksies en telkens kom die nuwe woord sedert 1994 na vore: Biljoene. Die bankie daar in Limp-popo het dalk net baie meer geld onder die tafel deur hanteer as waarvan ons weet. Die’ dat dit naarstiglik weer opgepomp moet word vir…. meer van dieselfde… Wat duidelik is, is dat Afroka nie kan nie… nie wil nie… Trieng-trieng… is dit die IMF?… kan ek met daai antie met die gryshare praat?… die mooi een… se vir haar dis ekke… ja, die een met die heuningkwas… sy sal weet… O, sy se sy is nie hier nie… ok… baai!… Maar wag, hoor hier… ek sal weer….

J van Rustenburg ·

Die ANC dank nie af nie Hulle herontplooi En agter die skarms verdien hy nog steeds ‘n reuse salaris

Grassie ·

As hy geld laat verdwyn het, moet hy nie afgedank word nie, hy moet gearresteer word. ‘n Mens sien deurgans dat ANC-kaders wat geld laat verdwyn het, net afgedank of herontplooi word, ek kan nie onthou van een van hulle wat strafregtelik vervolg is nie, behalwe Zuma. Dit lyk vir my in Afrika is om te vat wat nie aan jou behoort nie heel aanvaarbaar solank jy nie uitgevang word nie. Soos Zuma gesê het, korrupsie is sommer ‘n Westerse konsep.

Pierre ·

Miskien kry die skikking van Transnet met sy mishandelde Pensioenarisse nou bietjie meer spoed/rigting. Regtig tragies wat daar gebeur.

Spike ·

Die comarade sal net op ñ ander plek opduik, maar verseker nie in die tronk nie.

Anita (die eerste) ·

Praat van herontplooi! Popo was mos premier van Noordwes. Die spottery was dat hy altyd met helikopters rondgevlieg word omdat paaie so vol slaggate is.
Hierdie manne sorg vir mekaar. Dalk kan Gama ‘n ambassadeurspossie in Eerstewêreldland kry. Baie winkels en goeie eetplekke!

Hoe nou....... ·

Hierdie her-ontplooi besigheid sal ek nie verstaan. Neuk een portefulje op en dan her-ontplooi om n ander op te neuk. Sit die regte mense in die posisies – nee werklik! Hoeveel geld moet ons nog verloor voordat hulle WAKKER skrik. Hulle het grade up the ying -yang maar kan nog nie die werk doen nie , hoe verduidelik n mens dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.