Portia Derby is ná ʼn “uitgebreide en deeglike” soektog as die nuwe uitvoerende hoof van Transnet aangestel, het die departement van openbare ondernemings gesê.
Die werwingsproses is gedryf deur Transnet se raad, wat ʼn aanbeveling vir die voorkeurkandidaat aan die minister van openbare ondernemings gedoen het. Die kabinet het haar aanstelling Vrydag goedgekeur.
Die departement beskryf Derby as ʼn “onafhanklike en dinamiese leier met uitgebreide ondervinding in die staatsdiens en private sektor”.
Derby is ʼn voormalige direkteur-generaal van openbare ondernemings, die departement verantwoordelik vir Transnet en ander staatsbeheerde instellings. Volgens die departement gaan haar ervaring handig te pas kom.
Sy sal saam met die raad, die bestuurspan, werkers, vakbonde en ander belanghebbendes werk om ʼn instelling te herbou wat ernstig geraak is deur staatskaping en grootskaalse korrupsie,” het die departement gesê.
“Transnet is ʼn sentrale instelling in ons pogings om die ekonomie weer aan die gang te kry en terselfdertyd beduidende hervorming in werking te stel wat gewone burgers en sakeondernemings sal voel.”
Die departement sê deur die instandhouding van hawens, spoorlyne en pypleiding speel die maatskappy ʼn sleutelrol om Suid-Afrika kommersieel meer mededingend te maak.
“Om weer lewe in sy infrastruktuur te blaas en die operasionele doeltreffendheid by hawens en vragstelsels te verbeter, is een van die dringendste prioriteite.”
Derby is Brian Molefe se voormalige vrou. Molefe is ʼn vorige Eskom-hoof. Hy het bedank toe sy bande met die berugte Gupta-familie aan die lig gekom het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Ek gaan maar die volgende se en weer seker gekruisig word….
Kyk wat het met eksdom gebeur onder brian molefe…sy het sekerlik nie toe ogies gesit en gesien wat daar gebeur nie..die appel val nie ver vd boom af nie..
Sjoe hulle Wil maar net nie hoor nie en Sien nie
Het sy enige regte kwalifikasies vir die Job of IA dit die selfde as Sir Brain Molefe
Die staan in ‘n ry het deel geword van die metodiek van die leefwyse in SA. As jy probeer indruk is net die wat nie weet waarom, vir jou kwaad. Die res aanvaar dit, omdat hulle dink hulle weet. Daarom aanvaar hulle dit. “Jou kans is jou kans”