Transnet moet sê oor R249 miljoen se petrol-diefstal, sê DA

Die DA sal die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings skriftelik nader om seker te maak dat Transnet aanspreeklik gehou word vir “astronomiese verliese” weens brandstof-diefstal.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag onthul dat 143 voorvalle van brandstof-diefstal in die 2019/2020- finansiële jaar ter waarde van R147 miljoen plaasgevind het en ʼn verdere 134 voorvalle in 2020/2021 wat tot ʼn verlies van R102 miljoen gelei het.

“Dit is uiters kommerwekkend dat daar slegs een skuldigbevinding was vir die 188 sake wat by die SAPD aanhangig gemaak is, waarvan 146 persone aangekla is,” het Michele Clarke, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, in ʼn verklaring gesê. “Alhoewel die minister aangedui het dat Transnet verskeie sekuriteitsmaatreëls ingestel het, insluitend taktiese en lug-waarneming, is behoorlike oorsig wat betref die doeltreffende bestuur van dié sekuriteitsmaatreëls en samewerking met die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), nasionale misdaadintelligensie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Steve ·

Hoe vreemd. Orals waar hierdie gordhan vent betrokke is, is n gemors. Eskom en vele meer. Wat soek sulke onbevoegde kreature in enige posisie?

Paul ·

Ek stem saam. Hy was suksesvol as hoof van SAID. ‘n Hopelose minister van finansies en ander portefeuljes. Hoog tyd dat hy verdwyn.

Nie Verbaas ·

Die ANC raak daagliks net meer en meer lagwekkend. Een skuldigbevinding uit 188 sake? Hoed is sekerlik baie trots op die goeie resultate. Wat n patetiese spul.

Anoniem ·

TRANSNET ………………………………..Pateties !!! en wat gaan nou van hierdie verlies word?????

Jack ·

Iemand kom weg met nog n moord. Besluit maar self. Wonder hoeveel geld vir brandstof kom uit die ministers en hul familie se eie sakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.