‘Transnet ondermyn ondersoek oor Gupta-maatskappye’

Argieffoto

Uit geskrewe vrae van die VF Plus aan die minister van finansies blyk dit dat Transnet en die departement van openbare ondernemings die nasionale tesourie se ondersoek na Transnet-kontrakte met Gupta-gekoppelde maatskappye ondermyn.

Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê die vorige minister van finansies, Pravin Gordhan, het verlede jaar al bevestig dat die tesourie met volskaalse ondersoeke begin het na alle tenders van meer as R10 miljoen wat deur openbare nutsmaatskappye toegeken is.

Dit was nadat die openbare beskermer uitgewys het dat dié tenders moontlik die teiken van grootskaalse korrupsie is.

Gordhan het in November verlede jaar reeds in die media gekla dat sy ouditeure en ondersoekers “geen samewerking” van die SAUK, Transnet, die SAL of die departement van openbare ondernemings kry rakende inligting wat van hulle aangevra is nie.

In sy onlangse parlementêre vraag aan die minister het Alberts die fokus op Transnet geplaas en onder meer gevra of die tesourie-ondersoek oor Transnet-kontrakte ook die maatskappye McKinsey & Co, Regiments Capital and Trillian Capital Partners insluit. Die maatskappye word met die Guptas verbind.

Luidens die minister se antwoord word daar steeds gewag op dokumentasie van Transnet en die departement van openbare ondernemings.

Alberts sê dié vertragings lyk verdag en die VF Plus gaan die tesourie vra om strenger op te tree voordat getuienis vernietig word. Hy sê die kanse is egter goed dat talle getuienis reeds vernietig is indien daar enige onwettige bedrywighede was.

“Dit is kommerwekkend, en alhoewel daar nog geen bevinding is nie, dui die vertragings dat als nie wel is nie,” het Alberts bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johannes van Staden ·

Hulle sal want hulle is skuldig aan bedrog ! Kan so goed onthou toe Prasa oderandere se Lucky Montana dit net duidelik wou stel dat die lokomotiewe nie te hoog is nie ….en nou na al die tyd is hy duidelik verkeerd bewys want hulle is te hoog ….onkunde onkunde en selfsug vernietig SA …sien dit oral en alles gaan terug na die anc zuma en gupta …vrot ! !

Johann Marx ·

Johannes, die lokomotiewe was NIE te hoog nie….ons drade was te laag!! Hau wêna…

Pieterlewismuts ·

Aandrang op DAADWERKLIKE optrede moet nou deur Belastingbetalers verlang./ge-eis word.

Tradisionele Parlementere optrede gans en al te langdradig.

Yster ·

Pasop dat daar nie weer n kantoor aan die brand raak nie. Dis is mos n goeie manier om bewysstukke te vernietig.

snoefie ·

o bring my terug na die ou Tvl. bevoegdheid en eerlikheid is saam met die ou name vernietig. een vraag egter. gaan dit nie beter wees om die suid afrikaanse burgers, die guptas, een en almal, te oudit nie? dan kan SAID mos sien waar hulle inkomste vandaan kom. elke jaar word ek geoudit. binne dertig dae moet ek alles voorlê. hoekom sloer transVET al ag maande?

Johann ·

Daars mos nie n manier wat die gewetenlose Zuptopia oor iets soos dag of nag sal eerlik wees nie? Die handpop netwerk vilg die hoof nar slaafs na om hom en hul self te beskerm. ONAANTASBAAR

Liewe lulu ·

Is dit nie hoeka dat Gigaba agter die hele storie sit nie

CHRISTA ·

ONS moet finansiële state vir 5 jaar bewaar – geld dieselfde nie vir Transnet nie?

Swartkat ·

Nee die gebruik is om alles af te brand wat jou krimineel in die sop kan laat beland.

Stiena ·

??so ry die trein, so ry die trein, die Zuptase se trein, hoor daar hoe steel hy, steel hy, steel hy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.