Transnet ondersoek aankope van 1 064 lokomotiewe

Argieffoto

Transnet het Woensdag gesê hy ondersoek bewerings van onbehoorlikheid oor die rol wat raadgewers en konsultante, insluitend Regiments Capital, Trillian Advisory Services, Trillian Capital Partners en Nkonki Inc gespeel het in die maatskappy se aankope van 1 064 lokomotiewe in 2014.

Dié raadgewers en konsultante is van die privaat maatskappye wat geïmpliseer word in bewerings van staatskaping wat tans deur die Zondo-kommissie ondersoek word.

Die staatsbeheerde logistieke en vervoermaatskappy het Woensdag ook aangekondig hy het sy voormalige groephoof vir voorsieningsketting, Edward Thomas, geskors hangende ʼn ondersoek oor ernstige bewerings van wangedrag in verskeie kontrakte. Transnet het gesê Thomas kon nie voldoende redes verskaf waarom hy nie geskors moet word nie.

Thomas is geskors hangende die uitslag van ʼn ondersoek oor die maatskappy se aanskaffing van 1 064 lokomotiewe waar Regiments Capital en Trillian geïmpliseer word. Regiments Capital en Trillian het as raadgewers opgetree in Transnet se omstrede multimiljard rand se aanskaffing van die lokomotiewe.

ʼn Ondersoek deur die regsfirma Werksmans Attorneys het in Junie bevind dat Suid-Afrika se hawe- en vragspooroperateur miljarde rand verkwis het toe die voorwaardes van ʼn ooreenkoms, om nuwe lokomotiewe van China South Rail, China North Rail, General Electric Co., en Bombadier Inc aan te koop, gewysig is. Die faktuur is van R38,6 miljard tot R54,5 miljard aangepas.

Werskmans het aanbeveel dat daar verder ondersoek ingestel moet word; dat Transnet dringend stappe moet doen om die verkwiste geld terug te kry en die aanspreeklike persone gedissiplineer moet word; en dat die Valke se ondersoek-eenheid en die staatsveiligheidagentskap hul eie ondersoek moet instel oor die bewerings.

Transnet het vroeër vandeesweek aangekondig dat hy voortgaan met tugstappe teen sy groepstesourier Phetolo Ramosebudi, wat intussen bedank het. Ramosebudi het ook ʼn kennisgewing van skorsing ontvang, maar het gekies om eerder sy bedanking in te dien. Hy is geskors ná ʼn ondersoek oor die aanskaffing van die 1 064 lokomotiewe.

Transnet het ook uitvoerende hoof Siyabonga Gama se indiensneming beëindig en hoof aanskaffingsbeampte Thamsanqa Jiyane en voorsieningkettingbestuurder Lindiwe Mdletshe geskors. Hulle word ook geïmpliseer in die onbehoorlike aankope van die 1 064 lokomotiewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

James ·

Ja tug hulle net. Julle was stout maar moet dit nou nie weer doen nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Maar net verlede week het Ramapaddapot ‘n nuwe “trein aanleg” ge-open en gespog hoe dit meer as 8000 werksgeleenthede sal skep en dat ons oor alles beskik om ons eie treine vir Suid Afrika te bou? Het hy, as adjunk Prez nie geweet van die Transnet aankope nie? Wie by die Tesourie het hierdie transkakasies goedgekeur……en die oorbetalings gedoen?

Sarel Strydom ·

Aankope was al in 2014 gedoen hoekom word dit nou eers ondersoek? Die skuldiges het reeds hulle geld gevat en geloop. Verkiesingsfoeffie!

Nita ·

Ek wonder waar die 1064 lokomotiewe is. Weet iemand dalk? Hoe hierdie mense met geld omgaan, gaan my verstand te bowe. Las sommer n paar syfers vooraan. Dalk nog n paar ekstra nulle agteraan. Totaal gewetenloos!

Marinda ·

Wat ñ grap, in 2014 gebeur, maar ons wil nou eers aksie neem.

Basjan ·

Die Zondo-kommissie ondersoek staatskaping. Nou gaan Transnet die aangeleentheid ook ondersoek. Wanneer gaan die ondersoeke klaarkry en die skuldiges agter tralies gesit word?

Johanna Botha ·

Huh …..NOU EERS ! Goeie jimmel hulle is agter die tyd geen wonder dis so n groot gemors ! !

Spark Plug ·

Daai nuwe lokomotiewe is lankal uitgebrand so daar is geen bewyse meer oor nie…ha-ha

John ·

Dis die probleem as mens eers die soustrein gery het, dan is jy gehook. Of dalk is die probleem die baie papwiele. En Afrika weier om op spore te ry. Of ontsporing word doelbewus bewerk. Waarvoor gaan die nuwe lokomotiewe in elke geval gebruik word as die res gereeld in vlamme gehul is. Dalk kan die hele soustrein verkoop word:
__《$°°°¿Transnet;SAA;SABC;Denel;Eskom;E-tol; ££¥¥rrakkatakkarrr###》__ °°°°

IK ·

En wat het geword vd lokomotiewe wat té hoog was? Dis seker hoekom die nuwe treinfabriek ontstaan het om die goed laer/kleiner te maak. Die 1064 is seker aangeskaf om uitmekaar te haal en weer aanmekaar te sit vir oefening en kennis op te doen. Voorwaar ‘n blink idee!!

SjN ·

Hoekom moet hy redes verskaf om nie geskors te word nie, indien skuldig, fire hom en kla hom aan en laat hy aanspreeklik gehou word vir sy dade.

PATTY ·

Word geskors terwyl ondersoek aan die gang is. Seker nog met vol salarisse ook. Lekker man lekker. Intussen kripeer hul pensioenarisse van elende want daar is mos nie geld nie.

Swannie ·

Dis die een ondersoek na die ander en kos miljoene rand, maar op die ou end gebeur net mooi niks.
Die nuutste tendens is mos, sodra jou naam gekoppel word aan `n misdryf gedurende `n ondersoek, dan bedank jy net eenvoudig en dis die einde van die storie.

Die volgende maand doen jy net eenvoudig aansoek by `n ander staatsinstelling vir `n betrekking en sie daar…..die soustrein stoom voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.