Transnet-pensioenarisse: Hoë sterftesyfer wys ʼn skikking is nou broodnodig

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ‘n beswaarskrif te oorhandig. Foto: VF Plus

Terwyl die klasaksie-geding van Transnet-pensioenarisse teen die staat jaar na jaar met regsprosesse uitgerek word, leef ʼn groot aantal van die mense in haglike omstandighede en in die laaste 60 maande sedert die geding ʼn aanvang geneem het, reeds byna 21 000 pensioenarisse en hul gades gesterf teen ʼn gemiddeld van 334 per maand.

Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê dié skokkende syfers het aan die lig gekom in antwoord op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus aan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan.

Die VF Plus wou onder andere by die minister weet of hy die getal pensioenarisse kan bevestig, wat sedert die aanvang van die klasaksie teen Transnet en die regering gesterf het; en die getal pensioenarisse wat as gevolg van onnatuurlike oorsake oorlede is en/of onnatuurlike oorsake as gevolg van selfmoord.

Transnet het bevestig dat ongeveer 9 697 pensioenarisse (lede van enige van die twee pensioenfondse) en 11 071 van hul eggenote of kinders het sedert Mei 2013 gesterf. Dit is ʼn gemiddeld van 156 pensioenarisse en 178 eggenote per maand.

Die oorsaak van sterftes is nie op die pensioenfondse aangedui nie. In Maart 2013 was daar ongeveer 75 000 pensioenarisse en eggenote deel van die fonds; daar is tans slegs ongeveer 55 000 lede.

“Die feit dat die pensioenarisse van alle rasse in sulke hoë getalle afsterf weens armlastigheid, stres, siekte en selfs selfmoord, wys op die morele verpligting wat op Transnet en die staat rus om onmiddellike verligting te bring,” het Alberts bygevoeg.

“Meer en meer pensioenarisse kontak die VF Plus feitlik daagliks en kla dat hulle self nie eens meer brood kan bekostig nie. Baie, wat weens lewenslange bydraes tot ʼn pensioenfonds ʼn gerieflike aftrede moes hê, leef as armlastiges op straat en talle het al selfmoord gepleeg weens hul omstandighede.”

Alberts sê hierdie skande moet nou tot ʼn einde gebring word en Transnet moet optree om ʼn billike skikking spoedig te finaliseer in die hangende groepsgeding.

Die party het gesê hy is dankbaar dat minister Gordhan nou persoonlik in die saak ingryp nadat Alberts die dringendheid daarvan onder sy aandag gebring het. “Dit is belangrik dat die kabinet van Cyril Ramaphosa, anders as dié van sy voorganger, wys hy staan nie kil teenoor die pensioenarisse nie. Dit sal ook wys dat daar ʼn positiewe rigting oor menslikheid ingeslaan word in die land.”

Een van die leiersfigure in die pensioenarisse se stryd, Bettie van der Merwe van Pretoria, het die voortslepende onregverdigheid goed raakgevat deur te sê dit is opvallend hoe gou VBS-bank finansiële verligting gekry het terwyl die pensioenarisse ongeag hul hoë ouderdom, moet voortsukkel.

“Die VF Plus sal voortgaan om op ʼn dringende basis met die regering te skakel ten einde hierdie onmenslikheid tot ʼn einde te bring en om broodnodige verligting moontlik te maak,” het Alberts bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Natan ·

Dit is skokkend om te sien hoe die VN, oud pres. Obama en ander prinse die ANC loof vir hul menseregte bevorderingrekord. Hierdie is uiters tragies. Wonder wat hul definisie van menseregte is.

Joshua ·

Nie Ramaphosa of die ANC stel nie belang vir baie jare nie, rassiste deur en deur.

Avra ·

Op watter planet leef Gordan dat hy nou eers bewus word van die omstandighede…. Die wiel draai…

Pop ·

Avra Mnr Gordan is nou eers aa gestel in die openbare ondernemings pos. En ek dank die Vader dat hy nou daar is. Is darem een mens wat ordentlikheid het tussen al die ander. Dalk sal daar nou iets gebeur. Ek bid dit sal gebeur.

Derick ·

Hoekom nie ook die saak voor die Menseregte Komissie laat dien nie? My skoonouers nou al albei oorlede en as armlastiges begrawe. Geen pensioen, geen boedels, geen nalatingskap. Tog is die regering gou om ‘n SAA of Eskom uit hul finansiële krisisse te red terwyl pensionarisse van niks moet lewe en op straat is as gevolg van wanbesteding, selfverryking en korrupsie. Gewetenlose burokrate!!!

Alida ·

Ek stem SAA is n dooie instansie hierdie gaan oor weerlose ou mense. Skande.

Hartseer ·

Die regering het iets gese soos “die pensioenarisse gaan dood, dan hoef ons nie te betaal nie”. Daarom sloer hul so met die saak, glo ek. Het Mnr Manuel se vrou nie ook ‘n vinger in die paai nie? Siek spul. Sorg net vir hulself!!!

Ansa ·

Word seker uitgestel tot al die oumense oorlede is, meer fondse vir hulself. Sien nie die einde van saak in my leeftyd nie. Al wat ons kry is beloftes.
Skande!!!

Joe ·

Waar is die DA? Net nog n’ bewys dat Mmusi en sy trawante net belangstel in mag om oor te neem en geen duit omgee vir die mense nie.

Joey ·

Hulle speel juis vir tyd. Hoe langer hul draai hoe meer eisers sterf . Dit is mos pensionarisse wat beteken die ouderdom tel teen hulle! Wat ñ skande!

Pensionaris ·

Ek is ook pensioenaris. Lankal. Is in apartheidsjare gebore, grootgeword. Het al die voordele/voorregte gehad as blanke. Vanaf my eerste salaris het pa my gedwing om te spaar v oudag. Toe al gese mens kan ni net op jou werkspensioen aftree ni. Voordat nuwe meubels/nuutste motors/ vakansies in die prentjie kom sal daar eers di pensioending betaal word. Ek se dit met alle respek, baie van diegene wat no so sukkel, het dit oor hulle self gebring. En die cherry op di koek is, vandag se werkersklas dink ook hulle gaan lekker lewe op die werkspensioen alleen. Sterkte vir hulle!

Magaretha van heerden ·

Hierdie Transnet pensionarisse moet vergoed word vir al die skade wat die swak pensioen aan hulle gesondheid gedoen het. Sels al is hulle oorlede behoort die families ook vergoed te word omdat hulle moes instaan vir Transnet deur finansieel te help.

Bossie ·

MvH jy is reg. Kinders van hierdie pensioenarisse wat reeds gesterf het behoort ‘n reuse eis in te stel, rente bygereken. Dit is hulle ouers se boedel. Sou ook verskil aan hulle lewe gemaak het. Dit is immers hul ouers se geld en al is die hartseer daar dat hul ouers reeds oorlede is is dit ‘n vertroosting dat die geld wat van hul ouers “ontneem” is uiteindelik regverdig terug is in die kinders se hande. Glo die VF Plus sal daarvoor ook baklei anders is die saak half gewin. Die geld behoort aan die paar lewendes maar BESLIS ook aan diegene wat reeds gesterf het.

Sarel ·

Waarom, dink julle vertraag Transnet die saak? Dink bietjie.

Duifie ·

Dis n ongelooflike skande klad op Transnet en die regering se naam! Ek bid dat hierdie pensioenarrise baie, baie gou hul swaarverdiende geld sal kry en deeglik vergoed sal word vir pyn en lyding asook “rente” vir die aantal maande/jare wat hierdie pensioengelde agterstallig is. Ek bid vir Mnr Pravin Gordan dat hy hy skandalige situasie gou uitgesorteer kry en sal sorg dat regverdigheid geskied. So, so, so hartseer vir almal wat onder sulke omstandihede gesterf het en vir almal wat so bitter swaar kry..

Gestremde ·

Dit wat by Transnet gebeur het moet ook sommer die oë oopmaak van ander staatsamptenare. Hoeveel wat die staatspensione is in die VBS bank belê en nog verder gebruik as n reddingsboei vir SAA, Eskom, Denel, ens?

Andrea van Vuren ·

Dis waarvoor ek elke dag vrees. VBS is kadergekoppel.

tish ·

my pa was ook n transnet pensioenaris.
dink regerig “delay” als net om te hoop pensioenarisse sterf sonder vergoeding.
swak wat kan mens meer se……………
regering verryk hulself terwyl ander wegkwyn in armoede

PK ·

Hoop liewer dit gebeur nooit met ander nie. Dis bitter swaar as jy so sukkel om aan te gaan en jy weet jou geld wat jy voor jare gewerk het is erns maar jy kry niks daarvan nie behalwe om in elende ter verval en te sukkel om maandeliks aan die lewe te bly

Andrea van Vuren ·

Staatspensioene. Die persoon in beheer belê links en regs. Die fonteintjie gaan een van die dae opdroog en die gans wat die goue eiers lê gaan geslag word!

Jaco ·

Om te dink hierdie was die mense wat Suid Afrika gehelp bou het tot van dié beste infrastrukture in die wereld (daardie tyd). Dit was die ruggraad van ons eens sterk ekonomie waarvan die kaders nou nog room skep, en hierdie arme mense word so behandel! Wat n skande!!

Hannelie ·

Dis ‘n skande !!! Die Ministers en kabinet leef baie ver bo die broodlyn en hierdie arme mense moet “suffer”. Swak….swak….swak..

Careltjie ·

Joe, wat top jy oor die DA? Jou kanse is beter by Cope om dit uit te sorteer, want dit raak alle bevolkingsgroepe. My Ma is nou 78 en dit sukkel. Wanneer gaan hul wakker skrik.

david ras ·

My vraag is: waarom ‘n Skikking..? Wat is daar oor om te skik…?
Dis geld wat aan hierdie ou mense behoort…!
As ek reg onthou was daar reeds ‘n opdrag van die Parlement
om die saak reg te stel….
Eintlik behoort die hof ‘n bevel uit te reik met ‘n keerdatum
vir uitbetaling–byvoorbeeld binne dertig dae—‘n bevel met
‘n voorwaarde van tronkstraf vir die verantwoordelikes by gebreke
van so ‘n bevel.
Soos ander skrywers hier reeds opgemerk het dat die regering
blitsvinnig kan optree soos in die VBS geval–waarom nie hier nie?

Artikel 9/4 van die Grondwet lui dat die die staat nie mag diskrimineer
teen enigeen behalwe as die diskriminasie as “regverdig” bewys kan word…

Hierdie is duidelik dikriminasie teen ‘n groep–wit en swart–PENSIOENARISSE…
waar is die bewyse van regverdiging…..?

Moet die regering nie aangekla word dat hy grondwet oortree nie…?

a ·

Nie so lank terug nie het een van die grootkoppe van transnet gesê hulle voel vere vir die pensioenarisse want hulle is omtrent almal wit wat voordeel getrek het uit apartheid en daarom sal hulle niks aan die saak doen nie

Marie van der Watt ·

Ja, voorwaar tragies. Ek is self byna 78,

Vir 20 jaar kry die pensioenarisse net 2% verhoging. Sou iemand anders daarmee tevrede gewees het? En soos iemand opgemerk het “wat se skikking” So ver my kennis strek is daar n hele klompie geld ook die lug in. ? Hierdie pensioenarisse het elke maaand n bydrae gelewer tot hulle pensioenfonds. Die afgelope paar maande, met al die prysstygings op alle gebiede, Onmoontlik om te oorleef.

Peet J ·

VFPlus , dankie dat u die pensioenarisse se saak met mnr. Gordhan vir bespoediging in die parlement mee opgeneem het.
Transnet is ‘n staatsorganisasie wat onder die beheer van die regering resorteer dus kan ‘n skikking heelwaarskynlik tussen die betrokke partye sonder versuim opgelos word gesien ook in die lig waarin sommige pensioenarisse finansieel verval het. Ons moet keer dat hierdie saak nie weer begin sloer nie en as ‘n prioriteit beskou word.

Nettie ·

Êrens in die berig word dit gestel dat dit eienaardig is hoe vining VBS Bank van die Nasionale Tesourie finansiële verligting gekry het, sodat kliënte darem ‘n gedeelte van hul geld vinnig kon terugkry, maar die klasaksie van pensioentrekkers teen Transnet karring nou al vir járe aan.

Wat is die verskil? Kom ek verduidelik dit só: VBS se kliënte is oorwegend swart en afkomstig uit provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en die Noorde van KZN. Gevolglik is hierdie mense die poel waaruit die ANC moet stemmers trek vir volgende jaar se verkiesing.

Transnet-pensioentrekkers is oorwegend 65 plussers en blank, van daardie mense wat doerie jare, ná skool, maar “op die spore” gaan werk het en dit is hoogs onwaarskynlik dat húlle vir die ANC volgende jaar sal stem – om dié redes, word hulle nie belangrik genoeg geag om onmiddellik aandag te gee aan hul eise vir hul pensioen-betalings nie.

Sien, aldus sekere rolspelers in die ‘nuwe’ Suid-Afrika, het laasgenoemde groep mense mos genoeg voordeel getrek uit die bekleding van “bevoorregte” poste met “bevoorregte” salarisse en die “voorreg” om voorsiening te maak vir hul oudag.

Ina Botha ·

Daar moet ook gesorg word dat die naasbestaandes steeds deel bly van die groep, ten spyte van afsterwes wat intussen gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.