Transnet-pensioenarisse hou protesoptog in Pta

Transnet-pensioenarisse neem deel aan 'n optog in Pretoria. Foto: Twitter

Transnet-pensioenarisse neem deel aan ‘n optog in Pretoria. Foto: Twitter

Die pensioenarisse wat in ʼn klasaksie met Transnet gewikkel is, hou Maandag ʼn protesoptog in Pretoria waartydens ʼn versoekskrif aan pres. Jacob Zuma se kantoor oorhandig sal word.

Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê die pensioenarisse sal van die Pretoriase Kunsmuseum in Arcadiastraat na die Uniegebou stap, waar hulle ʼn versoekskrif sal oorhandig. Die optog is gereël deur die swart pensioenarisse wat sowat 45% van die totale aantal pensioenarisse uitmaak.

Volgens die VF Plus word daar in die versoekskrif aangedring op ʼn onmiddellike en beduidende verhoging van voordele, ʼn jaarlikse verhoging wat met inflasie tred hou, ʼn verpligte jaarlikse bonus, beter bestuur van die fondse asook demokratiese verteenwoordiging op die raad van trustees van beide fondse.

Transnet se aansoek om te appelleer teen ʼn beslissing waarvolgens ʼn R80 miljard-klasaksie teen die maatskappy en sy pensioenfondse ingestel mag word, is in Desember deur die appèlhof van die hand gewys.

Die pensioenarisse beskuldig Transnet daarvan dat hy die Tweede Transnet Vaste Voordeelfonds gestroop het en tot so mate wanbestuur het dat die fonds nie sy verpligtinge teenoor sy lede kan nakom nie. Transnet is ook daarvan beskuldig dat hy probeer om die pensioenfonds te ontbind. Die verhoging wat die pensionestrekkers ontvang is die afgelope dekade tot 2% per jaar beperk.

Talle pensioenarisse ontvang glo slegs sowat R1 per maand. Sowat 80% van die pensioenarisse kry minder as R4 000 per maand en 62% ontvang minder as R2 500 per maand. Die meeste van die pensioenarisse is tussen 70 en 90 jaar oud. Die oorgrote meerderheid van die pensioenarisse moet bedel om in hul basiese behoeftes te voorsien en talle het al selfmoord gepleeg.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Pretorius ·

No 1 het soos altyd pad gegee Nigeria toe ,want ander se belange is beter as die klomp pensioenarrise wat hulle hele lewe vir Transwerk geswoeg het en tevrede moes wees minumum salarise en mediese gesondheids sorg. Mnr Manuel hiet n artikel op nuus24 geplaas wat lees die regering moet nie belê in kominiteite maar in mense en ek het vir hom op sy eie bladsy geskry hy is n leuenaar want waarom het hy en die regering ons van ons pensioenfonds gestroop!!!!!!!!!

Piet ·

Dit is n skreinde skande dat die pensioenarisse so moet lei nadat hulle hul lewens vi transnet gegee het maak nie saak die kleur nie almal het daar gewerk,die geld behoort aan hulle wat swaar gekry het en 90% van hul lewe by die werk was geen gesins lewe gehad nie met fietse of per voet by die werk moes kom en nou so behandel word dit is baie baie swak ons glo dat ons regspan dit nou spoedig gaan oplos die regte ding is om daai geld gelyk te verdeel sodat hulle self kan bele en maak fonds toe dit behoort aan hulle nie transnet of regering nie skande is nie die woord nie

Drieks ·

Die regering belé alles in Jacop Zuma, die korupte president van R.S.A.

MagdaVermeulen ·

Hoe veragterlik en walglik kan ‘n mens wees!! Hoe kan hul slaap en aangaan terwyl ons dierbare ouers besig is om te sterf van ergste pyn en honger!! Die ANC-regering met sy kaders het ons ouers besteel van hul swaarverdiende pensioen en meer! Ek as my pa se dogter sal nooit ooit as te nimmer nie hierdie euwel beveg en teenstaan nie. Waarom?? Ons as kinders moet vir ons ouers sorg terwyl die regering van die dag ons ouers se pensioenfonds geplunder het!!!! Nie eens ‘n dier sal so walglik optree nie!!! Solidariteit, ek versprei so ver ek kan die inligting en ondersteun jul bo alles en dankie vir jul geregverdigde hulp en meer en ja, ek het woede en meer teen hierdie nerwe!!!!

Gert ·

Nee, hy vlieg rond om plekke te kry om te gaan woon in asiel. Ons weet mos wat maak die afrika lande as hul president uitval skiet hulle hom. Kyk maar net die binne gevegte. Mc Garage vir volgende president. ‘ :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.