Transnet-pensioenarisse se hofsaak uiteindelik afgehandel

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ‘n beswaarskrif te oorhandig (Foto: VF Plus)

Die VF Plus wens die Transnet-pensioenarisse en die regspan geluk met die finalisering van die nege jaar lange hofsaak teen Transnet.

Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag die skikking finaal tot ʼn hofbevel verklaar. Die hofbevel berei nou die implementering van die skikking voor wat die finansiële status van die pensioenarisse sal verbeter.

Anton Alberts, nasionale voorsitter van die VF Plus, het gesê sy party spreek ook sy besondere dank uit aan die regspan bestaande uit Wynanda Coetzee (prokureur) en advokate Jaap Cilliers, Wim Trengove Leon Kellerman.

“Hierdie was ʼn lang en moeisame stryd. Dit is natuurlik jammer dat die hofsaak so lank uitgerek was deur Transnet onder die Zuma-bedeling,” het Alberts gesê. “Dit het veroorsaak dat baie pensioenarisse ongelukkig afgesterf het en nie kan deel in vandag se oorwinning nie. Nogtans is die VF Plus dankbaar dat die wenstreep bereik is. In daardie opsig is die pensioenarisse wat nie meer met ons is nie, pioniers wat ʼn pad oopgekap het vir dié wat vandag saam die oorwinning kan vier.”

Die VF Plus het deur adv. Anton Alberts as LP ʼn politieke rol gespeel deur die saak deurlopend in die parlement aan te spreek wat uiteindelik gelei het tot talle gesprekke met minister Pravin Gordhan wat uiteindelik beveel het dat ʼn skikking ondersoek moet word. Op hierdie wyse is die tafel gedek wat uiteindelik gelei het tot die geleentheid vir die regspan om ʼn skikking te onderhandel.

“Die VF Plus is dankbaar vir die finalisering van die saak en sal voortgaan om oorsig te doen om te sorg dat die skikking na behore uitgevoer word en dat oorsig oor die bestuur van die pensioenfondse verskerp word,” het Alberts bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sarel ·

Al die tyd vermoed dat die taktiek.was om die saak te sloer tot almal uitgesterf het.

Objektief ·

En wat gebeur met Transnet bestuur wat die hele spul g bedryf het? Kry vet bonusse oor die geld wat “gespaar”is. Niemand sal vervolg word nie. moet dalk n paar van hulle laat verklaar asmisdadige Direkteure

My Mening ·

Baie dankbaar vir die uiteindelike finalisering van die onnodige uitgestrekte hofsaak. My Pa ookal 87 jaar oud, hopenlik sal hy hierdie oorwinning darem nog vir ‘n geruime tydjie kan geniet. Baie hartseer vir die wat nooit die uiteinde kon ervaar het nie.

Cherokee ·

VF+, julle het groot werk gedoen.
En aan die Gordhan-aanhangers, lees mooi daardie gedeelte wat lui: ..talle gesprekke met minister Pravin Gordhan wat ‘uiteindelik’ beveel het dat ‘n skikking ondersoek moet word.

Pampoenboer ·

Baie geluk Transnet pensioenarisse oumense het n reus bloedneus geslaan

capie ·

Dit is die mense wat met swaarkry en min geld die spoorstelsel gebou het wat die land sovooruitstrewend gemaak het. Ben wiellietjies het die einde begin met korrupsie en die anc het dit begrawe. Nou is slegs enkele van daardie mense oor en hul laaste dae moes die ander wat nie meer met ons is nie, in armoede leef. Die bespreekings wat nou gaan plaasvind gaan so lank vat dat die enkelinge wat oor is, weinig geholpe gaan raak.

Blikke ·

Dankie VF+, ek sou egter net wou weet waarom n skikking en nie die regmatige deel van die brood wat hulle toekom nie? Hulle het daarvoor gewerk en voorsiening gemaak en moet nou onderhandel vir n skikking ? Dis nie hulle wat die fonds geplunder het nie!

Therese ·

Goeie werk deur die VF, maar jy is reg.
“Skikking” is gedeelde skade, terwyl die vólle skuld in hierdie geval deur die kriminele, korrupte plunderaars gedra moes word.

Jan ·

‘n Bietjie opbouende kritiek? Die gebruik van die woord “pensioenaris” om ‘n pensioentrekker te beskryf is interessant. Die Engels is makliker. “Pensionary” is ‘n administrator van pensioene en “pensioner” is ‘n pensioentrekker.

Cherokee ·

Jan, ek weet nie waarom jy duim-affe kry vir jou ‘opbouende kritiek’. Dit is mense wat vanuit die donker klippe gooi, maar nie bereid is om openlik met jou te verskil nie. Opsigtelik nie toegerus daarvoor nie. Pensioenaris is wel ‘n erkende Afrikaanse woord, en ek duim-op jou bydrae. Doen dit meer kere asseblief, want dit is interessant en soos jyself sê, opbouend.

Trotse Boervrou ·

Soos wat ek verstaan is die skikking R30 000 wat oor ‘n periode van 3 jaar betaal word. Maw R10 000 per jaar vir 3 jaar. Daarna sal hul 13% verhoging kry vir die eerste jaar na die hofsaak afgehandel is, in die tweede jaar 9% en in die derde jaar 6%. Jaar vier word daar gemik vir 70% van die inflasiekoers. Oordeel maar self of hierdie enigsins ‘n verskil in die pensioenarisse se lewens gaan maak. Volgens my is hul nog net waar hul was. Uiteraard waardeer ons advokaat Anton Alberts se volgehoue poging geweldig baie maar hierdie is ‘n reuse skande. Transnet…. En nou swyg ek verder.

Pierre ·

Presies. Hoe vertel mens nou vir iemand wat R1000 per maand kry dat die lewe nou gaan beter wees? Met R130 verhoging?

Danie ·

Ek sou baie graag wil weet hoeveel van hierdie pensioenarisse leef nog.

MAGRIETHA ·

my swaer het sy alie afgewerk in die bloedige son wind en weer vir jare en toe moes hul vi jare suffer tot nou nog toe hy 82 nou wat moet hy geniet ( ja die pensionarisse het geval en die spoorweg het ook geval) hoop die mense sal eendag verantwoording doen vir hul dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.