Transnet-pensioenarisse se klasaksie eis teen Transnet

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om 'n beswaarskrif te oorhandig. Foto: VF Plus

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ‘n beswaarskrif te oorhandig. Foto: VF Plus

Die Transnet-pensioenarisse se siviele eis teen Transnet en die regering is verlede Vrydag van stapel gestuur, het die Vryheidsfront Plus Dinsdag in ‘n verklaring gesê. Dit is die grootste eis in die geskiedenis van Suid-Afrika.

“Nadat die groepsgeding- of klasaksie-aansoek deur die Noord-Gautengse hooggeregshof aan die pensioenarisse toegestaan is, moes die pensioenarisse die volgende stap neem deur die eis vir die stroping van hulle pensioenbates en nie-betaling van skulde in te stel,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê. “Die proses is nou suksesvol afgehandel.”

Hierdie eis spruit voort uit die hardkoppige volharding van Transnet om nie aan die pensioenarisse hulle pensioen te betaal waarop hulle geregtig is nie. “Dit is hartseer dat Transnet en die regering nie hulle beloftes wil nakom aan mense, wit en swart, wat gehelp het om Transnet op te bou tot die reus wat hy vandag is nie,” het Alberts verduidelik.

“Ons neem ook met kommer kennis dat dieselfde bestuurshoof wat tot onlangs aan die stuur van Transnet was en met sy arrogansie die Transnet-pensioenarisse belaster het as voorheen bevoordeeldes wat hy in die strate op revolusionêre wyse sal opponeer, nou aan die hoof staan van Eskom. Hy het alreeds op arrogante wyse uitsprake gemaak oor kragkwessies wat sy gebrek aan insig en arrogansie tentoonstel. Al wat ons vir die Eskom-werkers wil sê, is pas julle pensioengeld op!

“Wat Transnet betref, kan julle julself gereed maak vir ʼn groot verloor in die howe van Suid-Afrika teen die Transnet-pensioenarisse. Dit sal gepaard gaan met ʼn kredietafgradering. Ons hoop julle het daarvoor begroot, want die pensioenarisse gaan kry wat hulle beskore is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Marie ·

Al wat ek kan se is:Halleluja en baie dankie vir almal hierby betrokke. Om swaar te kry is maar nie lekker.

Lee ·

Transnet is swak!!!! ek wil nie eers praat van hul swak medies v die pensioenarisse nie my pa is ‘n Transnet pensioenaris en ek moet v hom en my ma sorg want hul kan eenvoudig nie v hulself sorg nie. Transnet behoortvhul te skaam!!!!! my hart breuk v al die Transnet pensioenarisse.

Errol van Eck ·

Ek wonder of alle werknemers in hierdie land van ons besef dat presies dieselfde eendag met hulle kan gebeur as wat met ons Transnet Pensionarisse gebeur het

Johan ·

Dit is ongelooflik dat Transnet die pensionarisse kon teiken op so ‘n radikaal onwettige wyse. Hulle behoort hulle hulle te skaam.

Annelien ·

My ma moet op n pension van R1200 leef nadat my pa meer as dertig jaar vir Transnet gewerk het. Dis n skande!

Magda Blom ·

Skaamtelose misbruik van ons ouers se fondse! Gemeen en misdadig is nie eers genoeg om dit te beskryf nie, ouers sterf in haglike omstandighede – hoe wreed en ongevoelig kan die mense nie wees nie! Vader wees die res van hierdie ouer geslag genadig asseblief, dankie

Magda Blom ·

Skaamtelose misbruik van ons ouers se fondse! Gemeen en misdadig is nie eers genoeg om dit te beskryf nie, ouers sterf in haglike omstandighede – hoe wreed en ongevoelig kan die mense nie wees nie! Vader wees die res van hierdie ouer geslag genadig asseblief, dankie

Gertjie ·

Dit was nie net Transnet nie, Yskor Pretoria Werke het my in 1997 na 28 jaar diens net ‘n R1,100 per maand gegee.

Transnet Werker ·

aan al die persone wat so oor Transnet afgaan. Dink ook net asseblief aan die mense wat vir Transnet werk asseblief. Dit is nie almal in Transnet wat verantwoordelik is vir die probleem waarmee die pensionarise in is nie. Ons kan ook n donker toekoms ingaan indien hierdie saak deur die pensionarisse gewen word. Ons pensione kan ook in gedrang kom. Ek gaan oor 7 jaar met pension. Sit met n kind wat gestrem is. Hou om te se Transnet is die probleem – dit is nie die werkers wat die probleem veroorsaak het nie – maar die persoon/persone wat die besliut in Transnet geneem het wat die probleem veroorsaak het en het niks met ons werkers te doen nie. Baie van ons werkers het nie eers geweet van hierdie probleem nie, ons het net daarvan gelees en gesien in die media.

zahn ·

Jy behoort eintlik dankie te sê, as jy oor 7 jaar aftree, behoort jy beter daaraan toe te wees as wat jy sou wees indien hierdie aksie nie van stapel gestuur is nie. Die gebruik van die naam Transnet word kollektief gebruik, niemand in besonder word genoem nie of as sulks geimpliseer nie. Moenie te fyngevoelig wees nie, ons verstaan jou situasie, en is namens jou (en ander) dankbaar vir dit wat nou gebeur. Onthou, die oorspronklike idee was om die fonds te ontbind..

Johan 2 ·

Transnet Werker hier bo is nou n goeie voorbeeld van hoe hul mense indoktroneer om te dink dis goed om mense te besteel solank dit jou nie benadeel nie. Goeie werk VF+ ek dink hier is n groot media toesmeer op pad van TNet se kant af…

Eskom pensioenaris ·

En nou sit Eskom met die drek!!! Die regering gebruik hom seker as die “laksman” om semi-staats instansies “reg” te sien. Onthou net, die probleem lê nie by Eskom self nie. Die regering is steeds sy baas.

TM ·

Mag hierdie eis suksesvol wees en hoop bring vir al die pensionarisse. My ma is een van die Transnet-pensionarisse so ek weet waardeer hierdie mense gaan. Haar verhoging elke jaar is veel minder as wat haar medies mee opgaan so sy boer elke jaar meer en meer agteruit wat beteken my verantwoordelikheid raak groter en groter om haar te help. Sterkte.

Rienie Pretorius ·

Maak net gou met die saak asseblief! Soos dit is wag en hoop hulle al die pensioenarisse sterf af voordat hulle hoef te betaal!!

Eben Kitching ·

Dit saak sal ook keer dat alle ander staatsdepartemente nie dieselfde doen. Die publiekeinvesteringskorporasie wil nou Vodacom aandele koop ek ek hoop daardie aandele bly in die pensioenfods Hierdie saak sal ook n baie goei president skep wat kan verhoed dat die regering pensioene gebruik om staatsbates aan pensioenfods te verkoop en dan verhoed dat die staat die aandele eis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.