Transnet-raad sal gedagvaar word om voor Scopa te verskyn

18-512 Transnet Klas 18E by Kaalfontein, Gauteng Foto: Kol André Kritzinger, railpictures.net

Die raad en uitvoerende lede van Transnet sal gedagvaar word om voor Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) te verskyn nadat hulle Woensdag nie opgedaag het nie.

Raadsvoorsitter Linda Mabaso en haar span sou na verwagting voor LP’s verskyn om te reageer oor twyfelagtige kontrakte ter waarde van miljarde rand, maar sy het Maandag aan Scopa-voorsitter Themba Godi gesê sy sal verkies dat die vergadering eers in Januarie plaasvind.

Volgens Godi het Mabaso hom Dinsdag weer gekontak om te sê sy en haar span sal nie voor die komitee verskyn nie. Godi het haar in kennis gestel dat die vergadering sal voortgaan en dat daar van haar en haar span verwag word om op te daag.

LP’s was ontstoke dat Mabaso en die uitvoerende lede van Transnet nie opgedaag het nie. Hulle het ʼn voorstel van Godi aanvaar dat Mabaso en haar span gedagvaar moet word om voor die komitee te verskyn. “Ons moet hulle op die tweede dag van die komiteeweek in Januarie kontak, maar in plaas daarvan dat ons hulle uitnooi, moet ons hulle dagvaar, sodat hulle die vernedering van dagvaarding kan ervaar,” het Godi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bossie ·

Laat Transnet die duisende verarmde pensioenarisse, wie se geld hul ge”vat” het vir hulle, of hul kinders, OOK terugggee! Met rente natuurlik. BAIE is al oorlede. Gee dit vir hul kinders want dit is hulle ouers se geld. NIEMAND rep meer ‘n woord daaroor nie. AFRIFORUM???

m.d.r. ·

I/s die Transnet pensioenarisse—-hulle saak is al by die Konstitusionele Hof en word gedryf deur Adv Anton Alberts van die VF+
Uitspraak word afgewag

Bossie ·

BAIE dankie vir die terugvoer m.d.r. Dit is SO verblydend. Ek is net verskriklik jammer dat baie van hierdie getroue werknemers nooit hul swaar verdiende pensioen sal sien nie. BAIE dankie VF+. Almal waardeer wat jul vir hierdie mense doen. Daar is darem nog ‘n paartjies, of hul weduwees of kinders wat leef. Ek weet van ‘n tannie van 86 wat ‘n noodoperasie moet kry vir haar heup. Sy is ‘n pensioenaris van Transnet. Haar man is al 18 jaar gelede oorlede. Met haar karige pensioentjie het sy R3500 betaal vir medies elke maand (TRANSMED) en sy het net R900 oor om van te leef. So betaal sy al jare. Nou dek Transmed blykbaar nie die operasie nie. Sy huil van die pyn, kan nie meer loop nie en die penne wat sy in haar heup gekry het jare terug maak haar geweldig seer. Hoe moet sy maak? Wie gaan haar help. En waarvoor was die R3500 per maand wat sy betaal het? Sy kon dit vir kos gebruik het! Sal iemand haar kan help?

DRIES ·

Daar moet na ander kontrakte ook gekyk word,, waar n rookie is is n vuurtjie,, kyk bietjie na die kontrakte met aankoop van material by Voslhou ,, duur material word direk ingevoer waar dit plaaslik meer bekostigbaar is,, firmas moet van hulle deure sluit deurdat Transnet besluite neem sonder om kontrakte uit te sit.. dit is alle material waarop n trein beweeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.