Transnet se appèlaansoek verwerp

Die Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om 'n beswaarskrif aan pres. Jacob Zuma te oorhandig oor die skandalige lewensomstandighede van die pensioenarisse Foto: VF Plus

Die Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ‘n beswaarskrif aan pres. Jacob Zuma te oorhandig oor die skandalige lewensomstandighede van die pensioenarisse Foto: VF Plus

Transnet se aansoek om te appelleer teen ʼn vroeëre beslissing waarvolgens ʼn R80 miljard-klasaksie teen die maatskappy en sy pensioenfondse ingestel mag word, is Vrydag deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

“Regter [Ephraim] Makgoba het dit duidelik gestel dat daar volgens hom geen gronde is vir ʼn appèl nie en het dit bevestig deur kostes teen Transnet en die pensioenfonds toe te staan,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, in ʼn verklaring, gesê.

Transnet het aansoek gedoem om verlof tot appèl teen die uitspraak in Julie wat ten gunste van die pensioenarisse was. Regter Makgoba het in die hooggeregshof in Pretoria ʼn bevel uitgereik waarvolgens Johan Pretorius en Johan Kruger namens Transnet se 62 000 verarmde pensioentrekkers ʼn klasaksie kan instel, in ʼn poging om nagenoeg R80 miljard se bates en belange te verhaal.

Alberts het gesê die VF Plus sal Dipuo Peters, minister van vervoer, in die parlement vra of Transnet bereid sal wees om te skik in die saak. “Die VF Plus is verheug oor die aankondiging dat die Transnet-pensioenarisse nog ‘n rondte in die hof gewen het in hul stryd om waardige pensioen voordele te ontvang.”

Mbonisi Sigonyela, woordvoerder van Transnet, het gesê hulle neem kennis van die hof se besluit. “Ons sal kommentaar lewer nadat ons die uitspraak bestudeer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Martie ·

AMEN! DANKIE HERE EN DANKIE VIR ALMAL WAT BAKLEI OM DIT MOONTLIK TE MAAK. GEREGTIGHEID SAL SEEVIER!!!

alet ·

Die gelde is klaar op ge-eet waar gaan hulle dit kry seker op n manier weer steel dis hulle wag .woord in al die land se dienste korupte goed .Ons hou duim vas dan kan daardie mense ook n bestaan maak.Hulle sal seker net so R50 pm aan die mense terug gee

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek hoop dat hierdie mense een van die dae hul pensioen waarvoor hulle n leeftyd gewerk het kan ontvang.Dit is n skande dat die klomp termiete die oumense so uitbuit en onnodig laat swaarkry .

Gert ·

Transnet is nie in die minste simpatiek gesind teenoor die ou mense nie. Elke regsaksie wat hulle voer is om enige uitbetaling van enige fondse te verhoed deur “out litigating and out waiting pensioners’. Solank hulle die uitbetalings kan uitrek sterf pensionarisse af – ek hoop en glo dat ALLE pensionarisse wat reeds oorlede is se boedels geldige eise teen die fonds kan indien! Pensionarisse wat oud, afgeleef en sieklik is sit met die ekstra bekommernis dat van hulle afhanklike (gestremde) kinders in die huis het en sou hulle boedels uitgesluit wees van eise is die kinders weerloos!
Hierdie kat en muis speletjie van Transnet is uiters sinies en verwerplik – na alles, wat het hulle te doen met die pensioenfonds se bates wat oor jare deur bydraers opgebou is anders as om weer bedrog te pleeg en nog ‘n bietjie geld iewers te steel!

Babs ·

‘n Baie groot Dankie aan almal wat namens die pensioenarisse optree. Ons het baie gebid omtrent die saak en vertrou dit sal so gou as moontlik afgehandel word. Daar is so baie pensioenarisse wat deur moeilike tye gaan en hulle verdien ‘n beter lewe.

Elize ·

Dankie dankie dankie. Bly Transnet het bloedneus gekry. Mag alles gou afgehandel word dat die mense hulle broodnodige geld kan kry

Kobus Pretorius ·

Die Here is in beheer.Dankie Anton Alberts en sy span.Om te dink dat die mense lang ure in koue,wind en siek in reen vir meer as 40 Jaar gewerk het en dan die swak pension met net 2% verhoging per jaar verdien.Dat as die man sterwe dan ver minder hulle die vrou se pensioen dan ook met 30% Ai tog.Die mense bid baie vir net n pension sodat hulle hulle laaste jare ook na tehuise kan gaan en n mediese fonds kan bekostig.Hulle het alreeds hulle trots,huise en motors verloor en om nou in kamertjies te le en vrek soos diere van armoede terwyl die fonds besteel, misbruik. en wanbestuur word { dit kan gekoppel word aan moord ] Gee die mense n pensioen wat hulle laaste jare kan gebriuk vir n beter medies en dit bekosbaar kan wees om in tehuise te kan gaan bly .Die mense verdien dit na al die harde werk en moeilike omstandig hede Daar sterf maandeliks gemidel 400 mense en dit kan 80% toe geskryf word deur armoede Kom ons Bid DIE HERE IS NOU IN BEHEER

Johan Smit ·

Wonder hoe gaan hierdie pensioen hanteer word. Terugwerkend betaal word? Wat van al die pensionarisse wat reeds dood is? Daar is gelde wat hul families toekom. Families wat vir jare help betaal het aan mediese fondse van hul geliefdes wat so swaar kry en help betaal het om hierdie ou mense ‘n beter lewe te help hê.

Tinie Fourie ·

My pensioen is nou dieselfde as wat dit was in 2007. Elke keer as verhoging deurkom word die
Mediese Fonds Bydrae verhoog. Nadat ek verhoging gekry het in Julie 2014 het ek net R10 oor van die verhoging bedrag. Dankie dat daar geveg word vir ons Pensionarisse wat elke jaar meer ageruit boer. Terloops ek was ‘n treindrywer op die smalspoor in die Langkloof en al met penioen sedert 1988.

willie olivier ·

My pa het voor sy afsterwe in1996 al hierdie korrupsie gevoorspel! Hy het vir my gese; ” Wag maar, een dag in die nabye toekoms gaan hulle al die spoorweg pensioen geld steel. Daar gaan niks oorbly nie.” My pa was nie n’ dwaas nie. Hy was die goedere en passasiers superintendent van Bloemfontein stasie.En hy was nie n’ “siener” gewees nie! Hy was n’ normale goedgeleerde man.Hy het gese dat hulle alles gaan verwoes tot daar niks oorbly nie.

hendrika swart ·

ek ook n weduwee my man 30 jr diens gehad weens siekte afgesit nagte en naweke omgewerk dae om gegaan kinders nie gesien hl slaap as hy vanwerk afkom en as hul opstaan was pappa alweg my pensioen is 1675 r dan word medies afgetrek dan het ek oor 11oo ek moet huur betaal krag en kos dan kry ek my ouderdomspens ek bid elkedag vir genade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.