Transnet-werkers in hof oor koperdiefstal

(Argieffoto: Unsplash)

Vier werknemers van Transnet sal na verwagting Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met beweerde koperdiefstal.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die werknemers is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle oënskynlik koper by Transnet Engineering se Koedoespoort-werf in die Pretoria-omgewing gesteel het. Die gesteelde koper het ʼn geraamde waarde van R1,9 miljoen. Die verdagtes is almal tussen 32 en 37 jaar oud.

Genl.maj. Ebrahim Kadwa, hoof van die Valke in Gauteng, het die ondersoekspan geloof vir hul harde werk wat tot die spoedige inhegtenisneming van hierdie werknemers gelei het.

Steve Harris, hoofsekretaris van die United National Transport Union (Untu), sê die vakbond veroordeel die diefstal en vandalisme van enige eiendom wat aan Transnet of enige ander werkgewer behoort.

Harris het ook sy misnoeë namens die vakbond uitgespreek oor die feit dat die verdagtes werknemers van Transnet is. “As hulle van hul werkgewer steel, stel hulle nie net hul eie werk in gevaar nie, maar ook dié van hul kollegas,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Sluit toe en verloor die sleutel. Hulle kry mos ‘n salaris so hulle is definitief nie honger nie

Nie Verbaas ·

Goeie nuus, doen nou dieselfde met die Prasa bestuur en ministers wat hulle biljoene gekos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.