Traumagevalle in Wes-Kaap neem toe ná opheffing van drankverbod

Argieffoto

Die Wes-Kaap het die afgelope tien dae ’n toename in traumagevalle beleef sedert die verbod op die verkoop van alkohol verlede Maandag opgehef is. Alkohol mag tydens vlak 3 van die afsonderingstydperk van Maandae tot Donderdae verkoop word.

“[Die toename in traumagevalle] is uiters kommerwekkend aangesien die gesondheidsorgstelsel reeds onder druk verkeer as gevolg van die Covid-19-pandemie,” het Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Dinsdag gesê.

“Ek wil dit baie duidelik stel: Misbruik van alkohol neem beddens weg van mense wat dit nodig het tydens hierdie moeilike tyd. Dit kan ʼn familielid of geliefde wees wat daardie bed benodig,” het die LUR gepleit.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 34 819 bevestigde gevalle Covid-19 is teen Dinsdagaand in die Wes-Kaap aangemeld van wie 890 pasiënte reeds weens die virus gesterf het.

Argieffoto.

Volgens Fritz sal sy departement daarmee voortgaan om toepaslike regulasies deur middel van die Wes-Kaapse Drankowerheid (WCLA) in die provinsie af te dwing, met die fokus nou spesifiek op tavernes. “Ons weet dat in ons kwesbaarste gemeenskappe tavernes, veral dié wat ongelisensieerd is, ʼn groot rol speel wanneer dit kom by alkoholverwante skade,” het Fritz verduidelik.

Die LUR het daarop gewys dat die WCLA tussen 23 Maart en 5 Junie altesaam 65 ondersoeke geloods het na mense met ʼn dranklisensie wat na bewering nie aan die afsonderingsregulasies voldoen het nie. Agt van dié ondersoeke is na die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys terwyl 32 dranklisensies reeds opgeskort is.

“Wat gelisensieerde tavernes betref, sal die WCLA voortgaan met sy ondersoek na diegene wat nie aan die regulasies voldoen nie. ʼn Boete van tot R115 000 kan opgelê word of die lisensies van diegene wat nie daaraan voldoen nie kan opgeskort word, hangende ʼn ondersoek,” het die LUR gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

Ag asb moet nie die drank die skuld gee nie. As die mense in die wes kaap hulle nie kan gedra nie vat dan hulle drank weg. Hoekom moet almal daar onder ly.

Raakvatter ·

Weet nie wie gee duimpie af nie, ek stem saam Pieter. Ek het sommer lekker op gestock MAAR ek drink verantwoordelik en boonop by my eie huis. Volg steeds die regulasies en wetgewing.

Hennerik ·

Ag nee. Is die verhoogde syfer as gevolg van motorongelukke? In so ‘n geval moet die WK regering weet dat die beweeglikheid van mense geweldig verhoog het in vlak 3. Dan weet hulle ook (hopenlik) in watter areas die grootste probleem is. Dan, verhoog die aktiwiteit van die verkeersdepartemente in daardie gebiede. Moet nie summier aanvaar dat die mense van die Weskaap hulle nie gedra nie. Veralgemening los nie probleme op nie.

samantha ·

So lank julle net nie rook nie hoor!
Ek het al gese ek nog nooit gehoor waar n man sy vrou slaan oor hy gerook het nie maar ek het wel gehoor van n man wat sy vrou slaan oor hy besope is. maak oop julle oe, julle is meer gepla oor rook as Suid-Afrikaners. NEE! wag nie alle Suid-Afrikaners nie

Alet ·

Ja kyk. Maar drank bottels oop en die lotte val soos vlieë plat – ongelukke, huismoles, alkohol vergiftiging – alles in die hospital se trauma eenhede. Laat iemand nou ‘n sigaret rook – wonder – dan gaan staan die hele hospitaal seker?????? Dis hoekom rook verbied is!!! Nou verstaan ek ook.

Baardman ·

Straf diegene wat nie dissipline het nie. Pieter, jys darem bevoorreg om nie in die Weskaap te bly nie. Lyk my julle het geen probleme en ook nie baie corona gevalle nie, waar jy ookal bly

Pieter ·

Ek bly is struisbaai ons kuier by die huis soos wat ons veronderstel is om te doen.

antieke antie ·

of hulle glo hulle is beter want ons weet nommers kan gekook word…in die kaap tel die mense beter

Anel ·

Al bietjie gedink hoekom mense so drink? Is dit nie dalk om te probeer vergeet ook nie, vergeet dat hulle swaar kry, nie werk het nie, nie blyplek het, nie weet wat die regering se volgende stap met die land is? Ja, dit is nie ‘n verskoning nie maar ook, drink mense nou meer as voor al hierdie inperkings? Ek dink nie so nie. En hoekom moet hospitaalbeddens oop gehou word vir as daar DALK’ ‘n virusgeval kom? So, mense mag nie anders hospitaal toe gaan nie, slegs virusgevalle.

skinderbek ·

Dit is net sekeres wat al die jare die probleem is. Laat alle drank slegs aanlyn beskikbaar wees en die huidige probleem sal drasties verminder, indien nie verdwyn nie. Ons wat in die Kaap groot geword het weet almal wie is die probleem mense.

mattk ·

Ag nee, sies Wes Kaap. Julle moet asseblief julle mense onder beheer kry!!
Ekskuus, die Wes Kaap is mos meestal onder ander beheer as die res van die land, miskien daarom dat die kaders so gesteld is om die WK as die brandpunt vir alles wat verkeerd gaan, uit te wys. Ek dink as hulle regtig kan tel en hulself nie as die oplossing (of soos nou al bewys is, totale ondergang van die land) wil voorhou nie, sal daar agtergekom word dat die ander provinsies eintlik slegter af is. Statistieke soos deur die regering voorgehou glo ek glad nie, want dit word net soos die finansies gekook om goed te lyk, terwyl dit eintlik heeltemal verrot.

Magda ·

O jitte – gedog drank maak nie dood nie. DZ – duidelik WAS jy verkeerd – Sigarette maak dood maar tenminste vat jy nie onskuldige mense saam met jou nie, en dit is 100% jou keuse. Net nog n bewys van ONBEVOEGDHEID DOER BO.

Fedup ·

Wonder who will be blamed this time?
Anyhoo, was there smokers involved?
Just asking.

katerinadiekat ·

Jaaaaa WEL..dis nou wat gebeur as jy drank wettig maar sigarette verbode hou. Ek het voorsien dat so iets sal gebeur, ek is seker dis ook nie net in die Wes Kaap nie. Maar nou ja, ten minste kan al die dronkbestuurders en vuis swaaiende, meskappende besopenes darem nie in n winkel instap en n pakkie siggies koop nie. Sjoe! Wat n verligting!

Lulutjie ·

Het hulle verwag die mense gaan hulle gedra as hulle gesuip is? Rokers se koppe hak nie uit soos dronk mense nie. Ek praat uit ondervinding met n alkoholis in die huis. Dit is weer nag vandat drank verkoop word.

Jax ·

Ek kan nie verstaan waarom mense hulle moet vergryp aan drank nie!?! Dit is vir die mense om jou aaklig om jou gesuipte lyf om hulle te hê. Baie mense raak nog vinnig met die vuis ook as hulle onder die invloed is maar die heel ergste is die harde en onnodige woorde wat uit dronklyf se mond Kom. Ek kry die kinders ook vreeslik jammer. Besef jy, meneer of mevrou, wat jy aan jou kinders, jou lewensmaat en jou familie doen?
Dan praat ek nie eens van die onskuldige motors in Wie jy vasry want jy is te dronk om eens op jou twee voete te staan!
En ja, ek geniet ook n drankie maar net een en ook slegs oor naweek. As jy dan nou regtig dors is, drink vrugtesap/water/koeldrank. Mens kan net soveel pret hê as jy nugter is!
Daar is geen enkele rede waarom dit nodig is om n hele bottel in een aand op te drink nie!

Willem ·

Laat daai dronk ou op die vloer lê. Hy het nie bed nodig nie. As jy nie weet hoe om jou te gedra nie hoekom wil jy ń bed hê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.