Tref-en-trap: Streeksekretaris van ANC in hof

Kathazile Tolong. (Foto: Facebook)

ʼn Streeksekretaris van die ANC in die Noord-Kaap het Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn ná ʼn tref-en-trap-ongeluk verlede naweek waarin ʼn jong motorfietsryer van die stad ernstig beseer is.

Kathazile Tolong (43) is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak teen hom is uitgestel tot volgende maand, het Bertus Jacobs, Tolong se regsverteenwoordiger, aan Maroela Media bevestig.

Tolong het na bewering verlede Sondag omstreeks 01:00 teen Jeremy Barnard (20) op sy motorfiets gebots. Barnard het op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Parfittlaan verby ʼn groen verkeerslig gery toe die ongeluk plaasgevind het.

Tolong het ná die ongeluk glo nie stilgehou nie.

Ondersoekers het hom Vrydag in De Aar opgespoor en in hegtenis geneem.

Hy word aangekla van roekelose en nalatige bestuur.

Barnard is ná die ongeluk in die Universitas-hospitaal opgeneem. Hy is steeds in ʼn ernstige toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

RINA ·

Groot moeilikheid …… maar die punch vat. Daardie arme man is deur hel in daardie hospitaalbed. Sterkte jong man

Chantal ·

Ag ons land se wette en wetstoepassing is so wonderlik en sooooooooo regverdig!!! Jy maak amper iemand dood, ja poging tot moord / manslag maar dis okay. Jy kan ons maar borgtog van NET R1 000 betaal en aangaan met jou lewe. Moenie TE veel bekommer oor die JONG man wie se lewe jy in 2 sekondes verwoes het nie. Oh wag. Jy gee nie om nie want dan sou daar nie ‘n onskuldige man in die hospitaal lê oor JOU nalatigheid. Ja nee. Niks fout hier nie. Sterkte aan Jeremy en sy familie. Gods hande oor julle vir vinnige herstel.

Ferdi ·

Hoe lank voor sy leêr wegraak en die saak uit die hof gegooi word??? Dis lekker in Suid Afrika

Johan Strydom ·

Beslis poging tot moord. As hy teminste gestop het en hulp gekry het was dit Manslag. Dit is beslis poging tot moord, hy weggery van ongeluks toneel en homself ook nie gaan aameld na ongeluk nie. Hoop hulle sluit hom toe.

Frikkie ·

Sover ek weet is die standaard prosedure dat die staat jou aankla van Nalatige en roekelose bestuur, omdat jy die ongeluk op hul paaie veroorsaak. Verdere klagtes en/of eise moet seker deur die slagoffer self gemaak word daarom is hy op borgtog vrygelaat wat betref die staat se saak teen hom en nie die slagoffer s’n nie….iemand help my reg?

PJ ·

Sal interessant wees om te sien wat hiervan gaan word . Mnr.mos anc lid

pieter ·

Ek het gewag daarvoor,as dit andersom was het eff al lankal hulle rooi nare gewys.Hoop jy herstel spoedig.

Sarel ·

Sou reken meer ernstige klagte as net roekelose en nalatige bestuur,of sluit dit in die feit dat hy o gelukstoneel verlaat het? Borg R1000.00???

Lourens ·

Roekeloos en nalatige bestuur….asseblief tog, dis poging tot moord!

ne ·

Ja broer, was dit ‘n wit man moes hy R100,000 betaal. Poging tot MOORD sal beter pas.

YingYang ·

Ne…
jy haal die woorde uit my mond
hierdie saak gaan tot vervelens toe uit gestel word…..10jaar voor dit afgehandel kan word, sal gou wees…

Gert de beer ·

Daar sal mos niks van kom nie… R1000 borg? Roekeloos nalatig? Wat van poging tot moord?

Anoniem ·

Sommer poging tot moord ook hulle doen wat hulle wil en die ergste hulle kom los.

Linda Merwe ·

Die kwaliteit en integriteit van sommige politieke ampsdraers, so ñ goeie voorbeeld vir die jeug. Ek moet op my vingers byt om nie presies te tik wat ek dink van wesens wat wegjaag of verdwyn van ongelukstonele af nie…

W W Rsa ·

Mmmm dit beteken weg gery van ongeluks toneel BAIE ERNSTIG volgens my.

Risa ·

Nalatige en roekelose bestuur, slaan my dood met ‘n ANC lidmaatskap vorm!!! Poging tot moord, naletige en roekelose bestuur, verontagsaming van padreels (sekerlik dronkbestuur ook). Die lys kan aangaan

Hendrik ·

Hierdie buffels wat so wegjaag as hulle in ‘n ongeluk betrokke was moet standaard van dronkbestuur ook aangekla word!

Susan ·

Regstelsel is korrup, ongeag alle genoemde faktore. My seun is in Okt. 2014 koelbloedig deur ‘n 18-jarige skoolseun doodgery. Let wel: dié bestuurder het van ‘n klub in Centurion af weggery. Beeldmateriaal wys duidelik hoe ongeluk gebeur het. Bestuurder se saak het nooit voorgekom in hof nie. Moordenaarbuffel loop vry rond, ongeag wat hy gedoen het. So sal hierdie bestuurder ook nooit voor ‘n hof kom om boetedoening te doen nie.

Annie ·

DRONK bestuur…!! R1000?? Mens wonder of hulle dit nie met opset doen nie?

Sam ·

Ai, Susan … dis hartseer. Baie jammer oor jou groot verlies. ‘n Drukkie vir jou …

I am Sam ·

My medelye met jou verlies, Susan.
‘n Drukkie vir jou.

Weer Sam ·

My medelye met jou verlies, Susan.
‘n Drukkie vir jou.

James ·

R1000??????? ANC maatjies. Maar n boer kan teen n werker se huis op SY plaas ry dan poging tot moord. Lekker die twee stel wette vir rasse. Sterkte aan die familie

Jannie van Niekerk ·

Borgtog van R1000? As ek of ‘n ander bleek mens dieselfde oortreding begaan het teenoor ‘n swart motorfietsryer sou ons toegsuit word en aangekla word van rassisme en moord met die opset om ernstig te beseer. Die Suid Afrikaanse Regstelsel beskerm sekere rasse groepe met alles wat hulle het.

piet piet ·

So die veerstelsel is soos die polisie ook nou in sy dinges in

Elvira ·

Hy sal niks oorkom nie. Saak sal sloer. Vervolg eerder privaat.

Lizzie ·

Ja Elvira ek stem saam met jou en al die ander se kommentaar hier. Solidariteit/Afriforum moet nou hier ingryp en daardie skurk privaat vervolg. Kan nie glo dat hy slegs R1000 borg kry nie en sy party sal dit seker ook vir hom betaal. As dit enigiemand van ander kleur was sou hy/sy moet sit tot die verhoor datum. HY was seker dronk dis hoekom hy nie stil gehou het of dit gerapporteer het nie.
S K U R K!!!!

Timjan ·

Nou moet hy ook verskoon word uit sy amp hangende die saak teen hom?

Ann ·

Rassistiese wetstoepassing. ‘N witman sou tronk toe gaan. Natuurlik is dit poging tot moord en ‘n voertuig is ‘n dodelike wapen. Ek’s bly hulle het hierdie padvark gevang. Tronk toe asseblief!

Johan Strydom ·

Beslis poging tot moord. As hy teminste gestop het en hulp gekry het was dit Manslag. Dit is beslis poging tot moord, hy weggery van ongeluks toneel en homself ook nie gaan aameld na ongeluk nie. Hoop hulle sluit hom toe.

Anoniem ·

Baie dankie vir die ondersoekers wat die oortreder opgespoor het. Bitter baie sterkte vir Jeremy – mag hy wonderbaarlik herstel.

Hennie ·

R1000? Wat ‘n grap. My broer wat jare gelede die spoed oortree het moes R4000 borg betaal.

Hector Jooste ·

Hy behoort aangekla te word van poging tot moord, regsverydeling en roekelose en nalatige bestuur. Hy behoort op nie minder as R20 000 borgtog vrygelaat te gewees het nie.

Maar in rassistiese Suid-Afrika werk dit mos nou eenmaal so – as jy swart is het jy die reg om te doen en te sê net wat jy wil, en basies altyd skotvry daarvan af te kom!

Susan vl ·

Ek glo met my hele hart en siel , God slaap nie. Ek laat dit by Hom. Amen.

Strand loper ·

Lafaard stop nie eerrs….laat mens wonder ne…was seeker bang hy word vir meer as net n verkeers oortreeding toe gesluit…nou sal mens nooit weet nie ne. Sal seeker R500 boete kry.

Derick ·

R1,000.00 borg vir poging tot moord? Belaglik. Maar hy is mos van die ANC. Glo my as hy skuldig bevind gaan word, gaan hy n minimum boete kry. Hoop hulle dagvaar hom siviel.

Opsigwaarde ·

As mens so na die foto kyk, dan lyk hy sommer soos ‘n grootbek pierewaaier. Met sulke eienskappe pas hy natuurlik dan ook perfek in sy pos.

Andre ·

Hierdie was niks anders as poging tot moord nie! R1 000 borgtog, wat ‘n grap ten koste van daardie kind wie se lewe verwoes is. Susan, hoekom nader jy nie Afriforum of ‘n prokureur vir die instel van ‘n private vervolging nie? Die bestuurder wat jou kind gedood het, het heelwaarskynlik iemand betaal om die dossier te laat wegraak. Vir welke ander rede is hy nooit aangekla nie? Geld het gepraat

Antie ·

Looi hom vir al die mediese uitgawes asook toekomstige uitgawes!

Ekke ·

Swak absoluut swak. Mens verwag darem beter van hierdie tipe man wat veronderstel is om ‘n voorbeeld te wees vir burgers van ‘n land!!!!

Deloris ·

Absoluut skokkend skokkend SKOKKEND verby.. Jaag weg…… Boegtog van R1000? Ek hoop alle eise word teen hom geeis en hy moet betaal en tronk toe gaan

Elma Hanekom ·

Dit herinner my aan die Zuma knaap se hangende saak. Dit was n poeletjie water se skuld……. As jy n ongelukstoneel verlaat lyk jy al klaar skuldig……. wat sal die verskoning of “defence” wees? Brand om te wwt.

Erna van Biljon ·

Ek stem saam met jou, Susan. Die feit dat die meerderheid mense in die modern tyd nie meer glo in God nie, gaan Hom nie in die niet laat verdwyn nie. Elkeen sal voor Hom verskyn en deur Hom geoordeel en veroordeel word; Sy geregtigheid sal geskied. Mag Sy genade met jou en Jeremy se familie wees.

hercu ·

ek is sprakeloos!! regtig!!

my opinie – die agbare streeksekretaris was onder die enjinkap, daarom het hy nie stilgehou nie!!

en net R1000-00 borg terwyl ‘n wets gehoorsame jong man veg vir sy lewe!!

SA het ontaard in ‘n sirkus!!

Wielspore ·

Die man het seker gedink time travel na De Aar gaan sy bas red. Met vandag se kameras wat omtrent orals is, gaan sulke aangeleenthede nie meer ongesiens verby.

Elizabeth Kupke ·

Was dit ‘n swarte wat op die motorfiets was en ‘n blanke wat net weggejaag het, was dit wêreldnuus. !!!
Die blanke sal vir moord/poging tot moord aangekla word. Lekker SA !!!

George ·

Wat n grap. Die arme man in die hospitaal veg vir sy lewe. Ek dink alle motorfietsryers moet met sy verhoor by die hof saamtrek en ons stemme dik maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.