
Die botsing tussen ‘n trein en ‘n vragmotor in Steenberg in die Wes-Kaap op 28 Januarie 2016 Foto: ER24
Twee persone is Donderdagmiddag beseer tydens ʼn botsing tussen ʼn trein en ʼn vragmotor in Steenberg in die Wes-Kaap.
“Die vragmotor, wat motors vervoer het, was teen die trein vasgedruk toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die ongeluk het in Militêre Weg plaasgevind.
“Slegs die treindrywer en een passasier het geringe beserings opgedoen,” het Meiring bygevoeg. “Geen ander beserings is op die toneel aangemeld nie.” Die bestuurder van die vragmotor het nie enige beserings opgedoen nie.
Die treindrywer is later na Mediclinic Constantia geneem vir verdere behandeling.
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
- Die botsing tussen ‘n trein en ‘n vragmotor in Steenberg in die Wes-Kaap op 28 Januarie 2016 Foto: ER24
- Die botsing tussen ‘n trein en ‘n vragmotor in Steenberg in die Wes-Kaap op 28 Januarie 2016 Foto: ER24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
‘n Tein kan nie sy spoor verlaat nie tensy hy ontspoor.
So wie het die ongeluk veroorsaak?
Ek kan nie glo dat in die tye nog so iets kan plaasvind nie. Dit is soos 40 jaar gelede se stories.
Dieselfde drywer het laasjaar in ‘n sandbank vas gery (see sand wat op die spoor waai) op die ‘Simonstad lyn’. Sy is ‘n gevaar vir passasiers en die publiek en laasjaar se sandbank storie het hulle haar nie afgedank nie, maar sy het net so aanhou werk….. Dit is net soos die ander trein drywer wat laasjaar klomp sinjale net verontagsaam het op die Mitchells Plain lyn en toe amper binne in ‘n aankomende trein vas gejaag het. Daardie drywer se saak is na 3/4 maande nog nie afgehandel nie, want die bestuur van Metrorail het besluit om nie by… Lees meer »
Goeie genade, die trok drywer het seker sy swaar voertuig lisensie “gekoop” …. hierdie is een te veel vir my om eers te probeer verstaan hoe kry hy dit reg …..
Die vragmotor bestuurder wou seker maar net die voertuie op die trein sit om brandstof te spaar.