Trein in vlamme gehul by Kaapse stasie

Die trein by Eersterivier-treinstasie in vlamme gehul (Foto: Verskaf(

ʼn Trein by die Eersterivier-treinstasie in Kaapstad was Vrydag vroegoggend in vlamme gehul.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer- en reddingsdienste in Kaapstad, het gesê hulle is omstreeks 04:50 vanoggend na die treinstasie ontbied. Slegs ʼn gedeelte van die trein was aan die brand.

Carelse sê die spoedige reaksie van die brandweerdienste van Mfuleni, Kuilsrivier en Belhar het verseker dat die brand beperk word tot die treinwa waar dit uitgebreek het en nie verder versprei het nie.

Geen passasiers was op die trein nie.

Die brand is omstreeks 05:55 geblus en die toneel is aan die Passasierspooragentskap (Prasa) oorgegee vir verdere ondersoek.

Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eugene ·

Ons weet natuurlik almal wat die brand veroorsaak het. Dit hou net nie op nie

Werner ·

Die ou wat nog dink hier is hoop vir die land bly op n ander planeet

Jacobus ·

Woordeloos. Onwilligheid om te red war te redde is. Dit lyk of daar diegene is wat alles wil vernietig weereens , mens kan nie van beloftes, as en oorblyfsels leef nie.

Hekwag ·

Begin maar by die taxi assosiasies soek om verdere kostes te vermy

J ·

Die taxi bendes brand die treine sodat hulle meer geld kan maak uit passasiers.

Die taxi bendes is in BEHEER in SA. …. en verhewe bo die wet!

Nie Verbaas ·

Dis reg, vernietig julle vervoer. Prasa het nie geld vir nuwe een nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.