Trein met uitvoersteenkool ontspoor

Transnet het Dinsdag bevestig dat ʼn trein met steenkool vir die uitvoermark Saterdag by Dassieshoogte naby Vryheid in KwaZulu-Natal ontspoor het. Dit is die tweede ontsporing van ʼn Transnet-trein vanjaar en kenners waarsku dat ontsporings ernstige ekonomiese gevolge het.

Die trein, wat 208 trokke het, was bestem vir Richardsbaai toe 30 trokke teen 12:30 ontspoor het.

Volgens Ayanda Shezi, woordvoerder van Transnet, is spanne steeds besig om die trokke en die inhoud daarvan elders heen te vervoer.

“Niemand is tydens die voorval beseer nie,” het sy gesê.

ʼn Enkele spoorlyn van dié spoorverbinding was Sondagmiddag reeds weer in gebruik, maar sal vir die volgende paar dae ʼn spoedbeperking vir ʼn afstand van sowat 11 km in die rigting van Richardsbaai hê.

“ʼn Volskaalse ondersoek is intussen van stapel gestuur om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.”

Op 28 April het ʼn trein onderweg na Ermelo in Mpumalanga ontspoor wat die oorhoofse spoortoerusting, optiese veselkabels en die spoor beskadig het. Albei spoorlyne is as gevolg hiervan gesluit, wat vragte tussen Ogies en Trichardt in die rigting van Ermelo beïnvloed het.

“Transnet gaan die ontsporings wat die afgelope paar maande plaasgevind het ondersoek om neigings met betrekking tot die oorsaak van dié gebeure te identifiseer,” het Shezi gesê.

Rimpeleffek van ontsporings

Volgens Shezi hou hierdie spesifieke ontsporing ernstige gevolge vir die steenkoolwaardeketting, Transnet se kliënte en die breër Suid-Afrikaanse ekonomie in.

Sonja Carstens, woordvoerder van die vakbond Untu, sê die gebied waar dié trein ontspoor het heel moontlik eers gerehabiliteer moet word voordat bedrywighede kan voortgaan.

“Met sulke ontsporings gaan miljoene rande verlore wat op sy beurt ʼn groot ekonomiese impak op Suid-Afrika kan hê.”

Sy sê dit is duidelik dat ontsporings ʼn toenemende probleem in Suid-Afrika is.

“Ontsporing het die afgelope vyf jaar begin toeneem en dit is nie net by Transnet nie, maar kom ook gereeld by Prasa voor. Treine van Prasa wat ontspoor het weer ander ekonomiese gevolge en vat eerder aan Jan Alleman se sak. Lewens word verloor en mense word hulle manier van vervoer ontneem.

“Die oorsaak van ontsporings kan aan verskeie redes toegeskryf word. Dit kan enigiets wees van spoorstawe of wisselskakellaars wat gesteel word, of ʼn menslike foute in die geval waar ʼn kontrolebeampte in ʼn beheerkamer nie opgewasse is nie.”

Hoewel die getal ontsporings die afgelope ruk kommerwekkend is, sê Carstens dat die verantwoordelikheid steeds by die landsburgers berus om foutiewe spoorwegstelsels te rapporteer.

“Indien jy enige beskadiging aan spoorlyne of die infrastruktuur sien, rapporteer dit. Dit kan moontlik verhoed dat ʼn trein wat waardevolle hulpbronne vervoer ontspoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kokerboom ·

Sonder professionele bestuur en onderhoud kan NIKS behoorlik funksioneer!!Die konsep is nie so moeilik om te begryp!!!

Gert ·

Stel weer die spoorwegpolisie in dat hulle die spoorlyne kan patrolleer dan sal dinge ook weer beter gaan

Kanjynoumeer ·

Only in South Africa.
Ek weet nie meer of jy moet lag of huil nie.

SomeOne ·

transnet julle kan steenkool uitvoer, waarom word dit nie vir ons eie gebruik gebruik nie ?

marius ·

Uitvoer . Hierdie plek gaan Haiti soos die Vatikaan stad laat lyk . Binnekort .

Nico ·

Dit is top gehalte steenkool wat na Japan uitgevoer word terwyl Eskom sukkel met die gemors kole, dit is reg dat die trein ontspoor het. Hoe kan die woordvoeder van die vakbond Untu verwag dat die gemeenskap foute raporteer, daar is te veel vakbonde wat vertel word die land geregeer word.

Jack ·

Ek wonder of die drywer n rybewys het. Dalk aan die slaap geraak want as jy te vinnig om n draai gaan dan val die trokke om. Een persoon kos die land miljoene. Niks snaaks vir ons ou koninkrykie nie.

Anoniem ·

Ai tog die spore is seker oud want dit dateer mos nog uit ………………………………… se tyd uit. Wonder hoeveel nou weer kan toi toi wat die vrag moes optel of dalk die trein aan die brand steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.