Trein, motor bots naby Stellenbosch

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Vyf mense, onder wie ʼn vierjarige kind, is beseer toe ʼn trein Donderdagmiddag buite Stellenbosch in die Wes-Kaap teen ʼn motor gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 naby die Muldersvlei-treinstasie plaasgevind.

“Die presiese omstandighede rondom die voorval is onbekend en word deur owerhede ondersoek. By paramedici en die plaaslike nooddienste se aankoms op die toneel kon ʼn mens sien die motor se wrak is ʼn paar meter ver op die treinspore gesleep ná die botsing,” het Vermaak gesê.

Twee vroue, vermoedelik 25 en 40 jaar oud, het ernstige beserings opgedoen. “Die 25-jarige vrou het verskeie beserings opgedoen en moes per helikopter na die Tygerberg-hospitaal geneem word.”

Die 40-jarige vrou is met ʼn ambulans na die Mediclinic Stellenbosch gehaas.

Die ander drie insittendes het matige beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tiger ·

Helder oor dag nie gesien nie?Hoe kan dit wees?’n Trein is tog ‘n massiewe gevaarte!

Sê maar net ·

Tiger, ek vra dieselfde vraag. Hoe groot is ‘n trein?

Marisa ·

Ek wonder presies hoeveel van hierdie tipe ongelukke in die laaste 50 jaar by Muldersvlei plaasgevind het. Dit sal ‘n ‘eye-opener’ wees.

Susan ·

Moenie met ‘n trein probeer resies jaag nie. Jy sal 2de kom as jy net ‘n sekonde te laat is! So wag maar eerder dat die trein eers verbykom en dán ry jy . Ek onthou toe ek nog jonk en onverantwoordelik was, het ek ook eendag gedink ék sal voor die trein by die oorgang wees. Toe nie. Ek het met voetrem, handrem en alles wat ek kon, in ‘n stofwolk nét voor die trein tot stilstand gekom. Ék het dit nóóit , óóit weer gewaag nie.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.