Trein ontspoor: DNS-uitslae gereed

Nooddienste op die toneel waar die Shosholoza Meyl-trein buite Kroonstad in die Vrystaat ontspoor het (4 Januarie 2018). Foto: Verskaf

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Vrydag gesê die uitslae van die DNS-toetse van diegene wat vroeër vandeesmaand in ʼn dodelike treinongeluk buite Kroonstad in die Vrystaat gesterf het, is gereed.

Nagenoeg 20 mense is dood en talle beseer toe ʼn Shosholoza Meyl-trein op 4 Januarie teen ʼn vragmotor en ʼn voertuig by die Jeneva Level-aansluiting tussen Hennenman en Kroonstad gebots het. Die trein was van Port Elizabeth na Johannesburg onderweg en het meer as 400 passasiers gehad.

Sipho Sithole, ʼn woordvoerder van Prasa, het gesê besonderhede oor die DNS-uitslae en die presiese getal positiewe uitkennings sal openbaar gemaak word sodra al die families in kennis gestel is.

“Die betrokke beamptes sal families in die raadsaal op Virginia toespreek, waarna Prasa met die families sal vergader oor watter tipe bystand die regering sal bied om seker te maak die oorledenes ontvang ʼn waardige begrafnis in oorleg met hul families se wense,” het Sithole gesê.

Maroela Media het vroeër berig die trein het teen 09:15 ontspoor toe dit ʼn vragmotor getref het wat die treinspoor oorgesteek het. Dit kon dus nie betyds uit die pad beweeg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vra net ·

Hoe is dit moontlik dat DNS uitslae beskikbaar is vir hierdie slagoffers? Maar uitslae op die beendere wat gevind is van die Mooinooi egpaar wat verlede maand vermis geraak het is nog nie beskikbaar nie? Bedoel geen disrespek, maar wie besluit wat kry voorkeur by die DNS labs?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.