Trein ontspoor: Dodetal styg skerp

Foto: ANA

Minstens 12 mense is dood toe die Shosholoza Meyl-trein Donderdagoggend buite Kroonstad in die Vrystaat ontspoor en ʼn brand deur van die treinwaens versprei het.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê owerhede is steeds besig op die toneel waar brandbestryders ure lank moes spook om die brand geblus te kry. Mbambo het gesê ʼn finale dodetal sal eers later bevestig kan word.

Talle beseerdes is deur verskillende ambulansdienste na hospitale gehaas. Volgens ʼn verklaring deur Shosholoza Meyl is minstens 181 passasiers beseer.

Maroela Media het vroeër berig die trein het omstreeks 09:15 ontspoor toe dit ʼn vragmotor getref het wat die treinspoor oorgesteek en nie betyds uit die pad kon beweeg nie. Die trein was van Port Elizabeth na Johannesburg op pad met 429 passasiers aan boord.

Shosholoza Meyl het gesê sewe treinwaens het ontspoor waarvan een ʼn kragwa is wat help met kragopwekking vir die trein. “Die kragwa het aan die brand geslaan en die vlamme het na die volgende wa versprei. Brandbestryders is op die toneel,” lui die verklaring.

Daar word verneem dat die meeste van die beseerdes in die voorste waens van die trein was.

Intussen is talle passasiers gestrand terwyl owerhede steeds op die toneel besig is. Volgens Shosholoza Meyl word daar steeds gesoek na passasiers wat in die ontspoorde treinwaens vasgekeer mag wees.

Maroela Media se navrae is na ʼn woordvoerder van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) verwys wat nie Donderdagmiddag onmiddellik telefonies bereik kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris Ws ·

Innige simpatie met die oorledenis se familie en sterkte aan die beseerdes.
Dir bestuurder van die trok moet van moord aangekla word.Hyt GEEN verskoning nie want dis ‘n helder sonskyn dag met uitstekende sig.Hy moet lewenslank tronk toe!

PJC ·

Eers moes net motoriste koesop die pad vir hierdie onverantwoordelike vragmotorbestuurders en nou verongeluk hulle ook al mense op treine. Wat is volgende?

Estie ·

PJC is dit daai vragmotors wat sand of klippe laai en dan jaag hulle oor die wellkom pad? Daai trokke is vreeslik onverskullig. En het Al Mense in n lelik ongeluk laast beland en met weggejaag.

Blommie ·

Ai ai mens hoor al hoe meer van trein ongelukke en ontspoorings. My oorlede man draai in sy graf om hieroor. GVB KZN was onder sy beheer. My innigste simpatie met al die mense wat geraak is hierdeur.

Passasier ·

My innige simpatie aan al die slagoffers en hulle families. Niks word van die treindrywer gesê nie. Wat het van die persoon geword? Dalk ernstig beseer?

Francois ·

Ek sien hier in NZ op die nuus dat 18 mense dood is en 260 beseer. Wat n ramp! Dis verseker die grootste ramp in die omgewing in die laaste 4 dekades. Die trein was altyd n baie lekker veilige vakansie. Ons innige simpatie vir die oorledenes se familie. Ons bid vir volkome herstel van die beseerdes.

susans ·

Woon naby Kroonstad daardie oorgang is onbewaak en baie baie gevaarlik vir trok drywers om oor te gaan. Dan is daar ook ‘n skerp draai aan weerskante van die spoor oorgang. Baie mense het al by Spoornet oor die oorgang gekla sonder enige resultate. Moenie oordeel nie want jy was nie daar nie. Dit is nog maar vroeg in die nuwejaar en julle is reeds so vol haat. Nee man.

Naomi ·

My innige simpatie en medelye aan elkeen dis baie hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.