Trein ontspoor vroegoggend naby Boksburg

Metrorail (Foto: ANA)

Metrorail-treindienste in Gauteng het bevestig niemand is beseer toe ʼn trein Dinsdag vroegoggend naby Boksburg in Ekurhuleni ontspoor het nie.

Lillian Mofokeng, Metrorail-woordvoerder, het gesê trein 0304 was onderweg na Springs toe dit omstreeks 04:20 by die Angelo-treinstasie ontspoor het.

Volgens Mofokeng is die treinspore in albei lyne tans gesluit totdat die betrokke departement die toestand van die treinspore kan nagaan en veilig kan verklaar vir gebruik.

Dit sal egter treindienste op die roetes van Springs na Johannesburg en Daveyton na Johannesburg beïnvloed.

Mofokeng het namens Metrorail vir pendelaars om verskoning gevra vir die ongerief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Dit was so koud, die drywer kon nie die stuurwiel vashou nie.

marous ·

Seker nie onmoontlik dat hy moes uitswaai vir ‘n minibus of iets dergliks nie ….

Net So ·

En so net nog iets wat die party aan stuur van dinge opgemors het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.