Trein tref fotograaf

Argieffoto (Foto: jingoba, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jingoba, Pixabay)

ʼn Man is Sondagoggend ernstig beseer toe ʼn trein hom net ná 09:00 op die spoorlyn naby die meer in Boksburg, Gauteng, getref het.

“Hy was glo besig om foto’s van die verbygaande treine te neem toe een hom tref,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe dit presies gebeur het nie en die polisie ondersoek die voorval.”

Paramedici het by die toneel opgedaag en die man in ʼn ernstige toestand aangetref. “Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eddie ·

As n gewese treindrywer myself, kan ek nie verstaan wat in die koppe van mense soos die fotograaf aangaan nie. Treinspore is nie n plek om op rond te neuk net om fotos te neem van treine nie. Nog minder speel jy met jou lewe. Daar is n op en n af hooflyn. Geen mens hoort op die spoorlyn te wees behalwe die spoorwerkers wat hul veiligheids uitrusting by hulle het. Ek voel jammer dat die persoon ernstig beseer is. Maar so gevaarlik as wat n vuurwapen is, so gevaarlik is n trein ook. Ek hoop uit my hart dat enige een wat my post lees neem kennis. Bly weg van spoorlyne af. Dit is nie n speel plek nie.

Shannon ·

spoor lyne verander 5c stukke in 50c stukke. Hoe kan mens wegbly ?

Winston ·

Wonder waarom ek voel if n trein my getrap het? Was nie naby spore nie

Sakkie Matthee ·

Die persoon wat gestamp is is Oom Japie Terreblanch eks treindrywer met 40 + jare diens hy het n groot liefde vir treine veral vir Stoom treine hy het dagliks fotos geneem en op die blad Footplate memories geplaas sodat ons ander trein liefhebers reg oor die (wêreld) dit kon sien treine is sy passie liefde en trots.

Tania ·

Weet nie hoe ernstig sy beserings is nie, maar wens hom vinnige herstel toe. Baie sterkte aan hom en sy familie.

Lila ·

Baie dankie vir die deel van hierdie inligting. Baie interessant en dis wonderlik dat daar mense is wat die kosbare geskiedenis vasvang. Hartseer dat mense so ongevoelig is met hul kommentare sonder dat hul die omvang weet. Hoop en bid vir spoedige volkome herstel dat hierdie mens sy passie nog kan uitleef. Dra asseblief ons beterskap oor aan hierdie persoon.

Ina Smith ·

Hoop hy herstel gou en besef dat ‘n trein nie kan uitswaai of skielik stop nie ,, hoe kan jy nie ‘n trein sien aankom of hoor nie ,, .. Ai

nig ·

Ina ek wonder or dieselfde ding en ook HOE naby was hy nou eintlik dat hy raakgery is?

Elfie ·

As hy so lief is vir fotografie moet hy mos meer oplettend wees, ai tog! Hoop hy herstel volkome en mense moet maar net onthou dis gevaarlik om en naby spoorlyne.

Deon Bosman ·

Soos elke ander ongeluk was hierdie ook ‘n ongeluk……kommentare soos “daar is nie pille vir domgeit nie” is onvanpas….Japie is ‘n oud spoorwegman en hy ken die gevare. Geen mens gaan doelbewus voor ‘n trein staan terwyl hy fotos neem nie.

Dewald Alberts ·

Ek is self `n fotograaf met `n voorliefde vir treine & spore, en ek stem saam met die gevaar daaraan verbonde, soms raak mens so vasgevang in die kamera dat `n ongeluk gebeur…dis beslis nie `n saak van dom nie…wonder hoeveel mense het ge “ooooeee” en ge “aaaaa” oor sy fotos….

Louise ·

Ek stem 100% saam, hoekom altyd maak asof mense simple is.
Weet somtyds dink ek daar is mense wat dink hulle is perfek, die wat so vingers wys.
Vee voor jou eie stoep, maar baie sterkte aan die fotograaf, hoop hy herstel ten volle.
Pragtige fotos geneem.

Jakoos ·

Liewe aarde maar mense kan dinge uit verband ruk! natuurlik moet iemand soos hierdie ou EKSTRA versigtig wees JUIS omdat mense maklik in die oomblik vasgevang word. Nou raak mense weer sommer aanvallend. Natuurlik moet hy mos baie baie versigtig wees. Hoe naby het hy dan ook gestaan dat hy raakgery is? Vra liewer dit, dis tog nie simpel om so iets te vra nie liewe aarde!!

Sarie Venter ·

Ek ken Oom Japie persoonlik (familie), hy sou nie dit moedswillig gedoen het nie. Hierdie was n ongeluk. Dis hartseer wat met hom gebeur het, hy het jare se ondervinding van spoorlyne, gevaar. Hy was n treindrywer vir baie jare. Hy het net n groot liefde vir treine. Ons bid vir sy beterskap, sterkte vir sy vrou, kinders en familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.