Trein tref meisie (10)

Argieffoto

ʼn 10-jarige meisie is Dinsdagmiddag deur ʼn trein in Kempton Park aan die Oos-Rand getref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het naby Suikerbosweg plaasgevind.

“Die meisie het vermoedelik langs die treinspoor huis toe geloop toe ʼn trein haar getref het,” het Meiring gesê.

Die meisie is deur provinsiale paramedici en paramedici van ER24 op die toneel behandel.

Sy het verskeie ernstige beserings aan een van haar arms opgedoen.

Sy is pynmedikasie toegedien, gestabiliseer en in ʼn ernstige toestand na die Thembisa-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marthie Eilliams ·

Hoop dat die kindjie spoedig volkome sal herstel.

Arie ·

Maroela Media, daar skort iets met die berig.
Ek wou sien naastenby waar die meisie deur die trein getref is en toe gevind Suikerbosweg is redelik ver van die spoor lyn in Kempton Park. Dit is on waarskynlik dat sy naby die spoor was as sy in Suikerbosweg geloop het.
Miskien get nood diens haar in Suikerbosweg gaan haal en daar vandaan na Tembisa hospitaal geneem.

sandra ·

Vertel my net hoekom sy so langs die spoorlyn loop? Sy moes in die eerste plek nie daar geloop het nie en in die tweede plek moes sy sekerlik die trein hoor aankom het. Self ‘n dowe sou die trilling op die grond kon voel…

. ·

Wat probeer jy sê?
Sy is 10 jaar oud, ‘n kind.
Treine beweeg vinnig.
Dit maak my hart so seer as mense altyd hul mes in het vir ‘n slagoffer eerder as om simpatie en deernis te betoon…

snoefie ·

mens kan die wereld se simpatie endeurnis met n slagoffers hê. dan bly die vraag steeds HOEKOM KEN KINDERS NIE DIE GEVARE VAN N SITUASIE NIE? word hulle nie meer tuis, in die kleuterskool, in die grootskool padveiligheid en sindelikheid geleer nie.wat het geword van
1. kyk links, kyk regs kyk links vir verkeer (bewegende goed) voordat jy pad oorsteek?
2. stranger danger.
3. moenie speelgoed/ lekkernye van vreemdelinge aanvaar nie?
4. moenie in/op n vreemdeling sevoertuig klim nie?
5. moenie mors nie jors. zirts dit in die zibiblik.

kan pnp, checkers. spar, makro, game ens nie asb prettige ZIBI’s (kind volstruisies) prente borg en teen vullisblikke aanbring nie? wil hulle nie asb inkleur Zibi kompetisies loods of vrae oor wat alles inn zibiblik hoort nie?
kan die liewe sabc nie asb al die ou zibi advertensies, spasie vullers en videogrepies afstof en uitsaai nie? dit was 100% inheems. dis n absolute skande om te sien dat (so jammer om te sê) veral swart mense geen inklinasue het om nie Rommel te strooi nie. self oues van dae mask n houer leeg en gooi dit sonder blik of bloos deur hulle motor, taxi treinvensters of as hulle voetgangers is, net eenvoudig neer nie. dan maak einste hulle dit n internationale insident as hulle woonbuurte deur rotte besmet word.

meeste gevaarsituasies kan met n goeie dosis kennis oirwin word. leer ons kinders reg asseblief.

Helien ·

Sandra ek stem saam met jou hoop die meissie word gou gesond

Louise Karsten ·

Sy is 10. Sy is nog ‘n kind. Sandra jy is geweldig onsimpatiek teenoor ‘n klein dogtertjie wat baie seergekry het. Vra eerder dan waar was haar ouers of hoekom laat die samelewing toe dat ‘n 10-jarige meisie alleen langs ‘n treinspoor loop!

Snedig ·

Ek onthou die padveiligheidspeletjies op wieliewalie en pumpkinpatch en die zibiliedjie ook. En dan die zibiprentjies op die vuilgoedsakkies wat die petrolstasies altyd vakansietye uitgedeel het as mens gaan brandstof koop het. Ons het baklei om vullis in die sakkies te gooi. Ons het geglo dit was zibi se kos.

Ashlee ·

Hemel behoed my. Sandra jy is reg met jou vraag. Heeltemal korrek. Die spook sonder naam wat jou bevraagteken, bly n spook asb.

Pam ·

Ashlee en Sandra, ek stem saam. Wat soek n kind tussen die treinspore, ongeag van ouderdom ? Wat het geword van opvoeding ? Selfde geld vir voetgangers wat op snelweë raak/doodgery word. Mense sterf onnodig uit pure onkunde.

tish ·

Maak geen sin nie – suikerbos? Soos gese gladnie naby treinspoor nie?
en as n trein jou tref sal jy die oorlede wees nie?
nee wat plaas die berig weer.
Wie loop lang die treinspoor? defnitief nie my kinders nie. ons moet hul mos aanry, rondry, toesluit en beskerm wat verstaan mense nie??

Nico K ·

Die probleem is deesdae se treine loop baie stil. En my vermoede is dat mense die grote van die trein onderskat. Hulle aanvaar dat as hulle langs die spoor loop is hulle veilig. Terwyl ‘n trein baie groter as sy spore is.

cillie ·

As sy in die selfde rigting beweeg het as die trein en boonop dalk met oorfone in haar ore is dit moeilik om die bewegende trein te hoor. As die wind in die verkeerde rigting waai sou sy dalk ook nie die bewegende trein gehoor het. As die drywer haar raak gesien het moes hy onmiddelik haar gewaarsku het. Dit is jammer dat so iets met enige persoon gebeur, en skole word besoek om kinders bewus te maak van die gevare by treinspore.

Matjiesfontein ·

Sy moes VREK NABY aan die treinspoor geloop het. Of die trein nou vinnig of stadig ry, daar is tog ‘n afstand wat jy moet handhaaf aangesien daardie treine met ‘n baie hoe spoed ry, en die trein nie net so groot is soos die spoor nie, maar darem ‘n entjie oorhang. Maar ja, ek hoop sy herstel vinnig, dit bly tragies as ‘n kind iets oorkom.

sinies ·

of sy was in suikerbos beseer en toe by spoor gaan neersit. ek her inner my mos n Seun wie se bene deur n trein afgery was, was met R16miljoen beloon vir sy wandaaf. dan regverdig die besering ook n paar miljoen.

sinies ·

of sy was in suikerbos beseer en toe by spoor gaan neersit. ek her inner my mos n Seun wie se bene deur n trein afgery was, was met R16miljoen beloon vir sy wandaaf. dan regverdig die besering ook n paar miljoen. ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.