Twee mense is beseer toe ʼn trein ʼn motor Donderdagoggend naby Ermelo in Mpumalanga getref het.
Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het die botsing op die N17-pad plaasgevind.
“Die bestuurder van die motor het vermoedelik nie by die stopteken by die kruising stilgehou nie, waarna die trein die motor getref het,” het Rossouw gesê.
Die bestuurder en die passasier het geringe en matige beserings opgedoen.
Hulle is op die toneel behandel en na die Mediclinic Ermelo geneem vir verdere behandeling en waarneming.
Nee want STOP staan vir:
Sit
Tekkie
Op
Petrol!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
‘n STOP op die N17 ? Dit klink soos ‘n pad wat dateer uit die tyd van die Flintstones !!
Dan ook toevallig ‘n trein wat seker so eenkeer elke maand loop want anders sou ‘n OORWEG gebou gewees het.
Dan ook seker geen waarskuligte ?
Hoe dit ook al sy, STOP maar en draai selfs jou venster af sodat jy ook kan LUISTER.