Trein tref voetganger

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy aan KwaZulu-Natal se noordkus deur ʼn trein getref is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Dinsdagaand omstreeks 19:00 in Shakaskraal plaasgevind. Dit is in die stadium nog nie bekend wat gebeur het nie. Die voorval word deur die polisie ondersoek nadat hulle na die toneel ontbied is.

“Paramedici, die brandweer en die polisie het die omgewing vir ʼn geruime tyd gefynkam en die man in die veld naby die treinspoor aangetref,” het Botha gesê.

Die man is op ʼn draagbaar vasgemaak en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Metalle respek aan die oorledene. “Dit is nog nie bekend wat gebeur het nie”. Die man kon net op die spoor geloop, sit, lê of gestaan het. Behalwe as die treindrywer dalk n Blanke was,kan daar dan n klag vir Strafbare manslag of Roekelose en nalatige bestuur teen hom gelê word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.