ʼn Man is ernstig beseer nadat hy aan KwaZulu-Natal se noordkus deur ʼn trein getref is.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Dinsdagaand omstreeks 19:00 in Shakaskraal plaasgevind. Dit is in die stadium nog nie bekend wat gebeur het nie. Die voorval word deur die polisie ondersoek nadat hulle na die toneel ontbied is.
“Paramedici, die brandweer en die polisie het die omgewing vir ʼn geruime tyd gefynkam en die man in die veld naby die treinspoor aangetref,” het Botha gesê.
Die man is op ʼn draagbaar vasgemaak en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Metalle respek aan die oorledene. “Dit is nog nie bekend wat gebeur het nie”. Die man kon net op die spoor geloop, sit, lê of gestaan het. Behalwe as die treindrywer dalk n Blanke was,kan daar dan n klag vir Strafbare manslag of Roekelose en nalatige bestuur teen hom gelê word.