Trein vergruis man se been

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn trein hom Vrydagoggend in Middelburg, Mpumalanga, getref het.

“Die man het glo langs die treinspoor geloop toe hy op die spoor geval en die trein hom getref het,” het Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

Die man se linkerbeen is vergruis. Hy moes gevorderde behandeling ontvang voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.