Treinbotsing: ‘Meer as 100 beseer’; oorsaak bekend

Foto: ER24

Metrorail het Donderdag gesê die botsing tussen twee treine wat omstreeks 06:25 naby die Elandsfontein-stasie aan die Oos-Rand plaasgevind het, was die gevolg van kragkabels wat in die vroeë oggendure gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig volgens ER24 is een mens dood en minstens 50 mense beseer nadat een trein teen die kant van ʼn tweede trein gebots het. Metrorail het later gesê altesaam 102 passasiers is in die ongeluk beseer. Die eerste trein was van Pretoria na Johannesburg op pad, terwyl die tweede trein leeg was en na Leralla op pad was.

Goodman Matampi, Metrorail se waarnemende provinsiale bestuurder, het gesê ten tyde van die botsing is die treine tussen Olifantsfontein en Elandsfontein handmatig bedryf  weens die kragkabels wat gesteel is.

Foto: ER24

Volgens Matampi was al vier oorhoofse kragkabels vanaf Germiston na Kempton Park buite werking. Hy het gesê die treindiens in die gebied is opgeskort totdat die tegniese span ʼn veilige alternatiewe lyn kan identifiseer.

“’n Man in die tweede trein is tydens die botsing dood. Ons stel tans ondersoek in hoekom hy op ʼn leë trein was wat nie in gebruik was nie,” het Matampi gesê.

Metrorail het gesê ʼn tydelike reëling is ingestel om passasiers tegemoet te kom terwyl die treindienste nie ten volle funksioneer nie. Treine van Pretoria af sal by Kaalfontein omdraai, terwyl busse tussen Kaalfontein en Germiston gebruik sal word. Vanaf Johannesburg sal treine by Germiston omdraai en ʼn pendeltreindiens sal tussen Leralla en Kaalfontein gebruik word.

Matampi het gesê ʼn tegniese span is aangestel om die botsing te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hein ·

Ek is nie n Masjienis/ Trein drywer nie, maar as die oorhoofse kabels buite werking is , waar het die trein krag vandaan gekry om in die eerste plek te kon ry, of is dit diesel lokomotiewe…… of is dit ander kabels waarvan hier gepraat word, ( ek veronderstel die kabels wat die spore( sinjaal) beheer loop op die grond)

Hein ·

Klink of die fout nie so seer as gevolg van kabel diefstal is nie ( wat wel die geval is) maar of die ou wat dir sinjaal met die hand moes oop en toe maak dall n ‘ foutjie’ gemaak het, en indien hy wel die spoor reg ( met die hand i.p.v elektries) beheer het die 2 treine veilig bymekaar sou kon verby gaan …. :?

Scalla ·

So steel en plunder hulle die hele land en daar word nie opgetree nie, lekker in die nuwe RSA

Oosie ·

Hulle moet speeltreintjies aanskaf en dan ‘n klein netwerk bou om die ‘operateurs’ te leer hoe dit werk en hoe om botsings te voorkom. Hulle moet speel-speel geleer word want ander leermetodes is nutteloos…

jaco ·

So lyk regstellende aksie, waar NET die “regte” velkleur tot ‘n lekker werk lei. Opleiding en ondervinding tel amper niks nie. Ek sidder vir wanneer so ‘n regstellende aksie begunstigde die verkeerde knoppie by koeberg kernkragstasie druk en 3.7 miljoen mense in Kaapstad dan deur nuclear meltdown bedreig word.

Karek ·

Ek ry definitief in my lewe nooit op ‘n trein in hierdie land nie.

Dom ·

“Handmatig bedryf”. Wat se goed is dit? Seker dan met ‘n ‘slinger’ of ‘vinger’ bedryf?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.